Stanford Country Cottages - Farrier House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Farrier House is werklik eie aan Stanford met sy outydse boustyl. Die voorstoep word deur 'n leiwatersloot van die pad geskei. Gaste kan hier heerlik op die stoep sit en die aktiwiteite op die Village Green gade slaan.

Die huis het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, ingeboude kaste en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde, kleiner slaapkamertjie het 'n stapelbed. Die hoofbadkamer het 'n stort.

Die kombuisie het 'n yskas-vrieskas, gasstoof en oond, mikrogolf, ketel en broodrooster. Dit lei na 'n beskutte agterstoep met sitplek en 'n ingeboude braai. Die oopplan-sitarea en -eetarea het 'n houtstofie, lieflike ou Kaapse kothuismeubels én moderne meubels.

Farrier House se groot privaat tuin is in 'n bewarea geleë en het lieflike skadubome en 'n swembadjie. Daar is oorgenoeg ruimte vir kinders om te speel en die groot wilgerboom het selfs 'n swaai en boomhuisplatform.

Slaapplek

'n Bespreking by Stanford Country Cottages - Farrier House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stanford Country Cottages - Farrier House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 200 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za