Fernando's Hideaway

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fernando's Hideaway is in die pragtige dorpie Dullstroom op Mpumalangse se Hoëveld geleë. Die gastehuis is 180 km van Gauteng af.

Dié dubbelverdiepinghuis bied 4 dubbelkamers wat ’n hoofhuis met 3 en suite-kamers en ’n anneks met ’n sitarea en kombuisie verdeel is. Die hoofhuis en anneks kan as ’n geheel of apart bespreek word. Al die kamers het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word.

Die hoofhius het ’n ruim oopplan-leefarea met ’n sitarea, eetarea en kombuis. Die kombuis is toegerus met ’n gasstoof en yskas-vrieskas met dubbeldeur. Daar is 1 slaapkamer met ’n en suite-badkamer en kaggel op die onderste verdieping. Op die boonste verdieping is 2 slaapkamers met ’n kaggel en koffiestasie. Die boonste verdieping bied ’n pragtige uitsig oor die tuin en Dullstroom se landskap. Elke kamer het ’n en suite-badkamer en ’n paneelverwarmer. Daar is ’n dek onder die dennebome en ’n draagbare braai.

Die anneks het ’n en suite-slaapkamer en oopplan-leefarea met kombuisie. Die sitarea het ’n kaggel en gemaklike banke.

Daar is onderdakparkeerplek vir 4 voertuie. Die hoofhuis en anneks het ’n alarmstelsel wat gekoppel is aan gewapende reaksie.

Die perseel is stapafstand van die plaaslike restaurante en winkels af.

Die bekende Highland Gate Golfbaan en klubhuis is 16 km buite Dullstroom geleë.

Slaapplek

'n Bespreking by Fernando's Hideaway sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Elektriese kombers
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fernando's Hideaway gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 950 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za