LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Fernbank Farm | LekkeSlaap
+11

Fernbank Farm

8 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dullstroom-weg via Machadodorp, Machadodorp, 1170, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 320 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Fernbank Farm is 'n privaat wildplaas in 'n pragtige vallei in Mpumalanga. Omring deur golwende heuwels en luisterryke uitsigte, is hierdie wildplaas die ideale bestemming vir natuurliefhebbers en kunsvlieghengel-entoesiaste. Ons is net so 4,5 km van die N4 af op die grondpad na Dullstroom geleë.

Fernbank Farm bied slaapplek in 2 bekoorlike houtkothuise wat uitkyk oor die heuwels en foreldamme. Elke kothuis beskik oor 2 slaapkamers met volledige en suite-badkamers en 'n slaapbank. Daar is 'n ooplan-kombuis, -eetarea en -sitarea met 'n kaggel en hout in elke kothuis. Die kombuise is toegerus vir selfsorg. Egiptiese katoenhanddoeke en Granny Goose-linne word voorsien. Daar is TV's, maar gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring.

Die kothuise bied elkeen 'n dek met 'n tafel, stoele en kussings, asook 'n buitebraai-area met houtskool en brikette ingesluit. Die plaas bied 3 damme met 'n goeie voorraad forel vir die passievolle kunsvlieghengelaar, en vir natuurliefhebbers bied ons wildritte, wandelings en voëlkyk. Jy mag dalk net 'n sebra, swartwildebees, rooihartebees, springbok, blesbok, grys duiker, jakkals, rooikat, bosvark of Hoëveld-voëlspesies soos die visarend en jakkalsvoël sien.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 8 resensies vir Fernbank Farm
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Dullstroom-weg via Machadodorp, Machadodorp, 1170, Mpumalanga
  • Gaste dink Fernbank Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Elandsvallei Mpumalanga
Vanaf R1 320
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 320
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dullstroom-weg via Machadodorp, Machadodorp, 1170, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk0Mzc1N2E3LTQ3ZjgtNDUzMi1iYzFlLTViYzg0MjYzOGE4NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 320  per nag (vir 2 persone) 8 5 1 5 Dullstroom Road via Machadodorp Machadodorp 1170 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.647039428754 30.19756436348
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!