Hermanus Akkommodasie by Fernkloof Fairways Villa | LekkeSlaap
+28

Fernkloof Fairways Villa

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Golfweg, Eenheid 11, Eighteen on 18, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Fernkloof Fairways Villa is 'n moderne, selfsorg-vakansiehuis in die bekroonde Fernkloof Gholflandgoed. Dié luukse villa is in die hartjie van Hermanus - die walviskyk-mekka van Suid-Afrika. Dit word omring deur pragtige fynbos en ononderbroke berguitsigte. Dit is vakansieverblyf wat sekuriteit en vryheid aan aktiewe gesinne bied om die area se vele doendinge, soos die wêreldbekende kranspaadjie en die Fernkloof Natuurreservaat se voetslaanpaaie, te verken. Dit is alles binne stapafstand van die huis. Die Fernkloof Fairways Villa is minder as 2 km van Hermanus se middedorp af en net 5 km van die begin van die lieflike Hemel-en-Aarde-wynroete af. Dit is die ideale bestemming om die Overberg, een van die mees veelsoortige, opwindende en mooiste dele van die Wes-Kaap, vanaf te verken.

Die villa is helder en sonnig met hoë plafonne. Dit bied skoonveld- en berguitsigte en het 'n buite-braai. Die villa bied slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea.

Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer, TV en berguitsigte. Die hoofslaapkamer het 2 spieëltafels, 2 instapstorte, 'n bad en verhitte handdoekrelings. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens of 1 koninggrootte-bed en 'n TV. Die tweede badkamer het 'n enkel-instapstort, spieëltafel en verhitte handdoekrelings. Handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis grens aan die leefarea en het 'n ontbythoekie. Die kombuis is toegerus met geriewe soos 'n gasstoof en skottelgoedwasser. Daar is 'n wasmasjien-tuimeldroër in die aangrensende motorhuis.

Die leefarea is helder en sonnig met hoë plafonne, 'n plafonlig en dubbeldeure wat toegang bied tot 'n oop stoep. Daar is 'n braai-area met skoonveld- en berguitsigte wat perfek is om buite te onthaal. Die leefarea het ook 'n losstaande kaggel vir koeler aande, 'n platskerm-TV en moderne afwerkings met 'n natuurlike kleurskema. Dit is die perfekte plek om af te koel en te ontspan na 'n dag op die strand of op die gholfbaan.

Die akkommodasie het plek vir 2 voertuie, 'n parkeerplek vir 'n gas en 'n toesluitmotorhuis wat tot in die huis lei. Die eenheid word op versoek skoongemaak.

Die klein kompleks het 'n groot swembad 'n entjie weg en daar is ook 'n onthaalarea wat gereël kan word vir 'n braai of 'n sosiale geleentheid.

Die huis is nie geskik vir kleuters nie aangesien die buitenste patio 'n klein val-afstand het en dus nie baba-vriendelik is nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Fernkloof Fairways Villa sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir Fernkloof Fairways Villa
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Golfweg, Eenheid 11, Eighteen on 18, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fernkloof Fairways Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Golfweg, Eenheid 11, Eighteen on 18, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUzMjM1NzFjLWQwNjAtNGFmMC1iZjc3LTI2MzQ5ZmNiN2VhMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 800  per nag (plek vir 4) 2 5 1 5 Golf Road Unit 11, Eighteen on 18 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.409671536119 19.256495338623
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za