Fernkloof Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fernkloof Manor is 'n luukse selfsorghuis wat in Hillside Village op die Fernkloof-landgoed in Hermanus geleë is. Dit is naby Fernkloof Natuurreservaat se grens met verskeie staproetes. Die Hermanus Gholfklub is ook op die Fernkloof-landgoed en dis daarom die ideale verblyf vir gholfspelers.

Dié huis het 5 dubbelslaapkamers, waarvan 4 en suite-badkamers het, asook 'n sesde ruimte met 3 stapelbeddens vir kinders. Die huis is ideaal vir 10 volwassenes en 6 kinders. Daar is storte en baddens in die badkamers, en linne en handdoeke word voorsien.

Die huis het 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea, asook 'n aparte opwaskamer. Die kombuis is goed toegerus en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolf in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met 4 stoele. Die opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die eetarea het 'n plek vir 10 en die sitkamer het verskeie gemaklike rusbanke en stoele, asook 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, DVD-speler en binne- en buite-klankstelsel. Daar is 'n speelkamer vir kinders met 'n TV en DVD-speler.

Die leefarea lei na 'n groot kuierarea met 'n ingeboude braai en 'n buite-eetarea. Daar is 'n sonverhitte swembad en 'n heining, asook 'n privaat Jacuzzi. Dié area is naby die Hermanus Gholfklub se sesde putjie. Daar is ook 'n dubbelmotorhuis en voltydse sekuriteit in die kompleks. Gaste kan dus hul vakansie sonder bekommernis geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Fernkloof Manor sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Jacuzzi
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fernkloof Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 500 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false