LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Fernkloof Villa | LekkeSlaap
+14

Fernkloof Villa

B&B
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cross-straat 9, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R8 500 per nag(plek vir 10)

Beskrywing

Fernkloof Villa is 'n ruim selfsorghuis vir 'n familie of groep van 10 gaste in Hermanus, net 800 m van Skulpiesbaai af.

Hierdie huis strek oor verskillende verdieping, het 5 slaapkamers, 4 badkamers, 'n kombuis, eetarea, sitarea en braaigeriewe met 'n uitsig oor die see en op die berge. Een van die slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Twee van die slaapkamers het elk 'n dubbelbed en en suite-badkamers met storte. Die vierde en vyfde slaapkamers het elk 'n dubbelbed en deel die badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Linne word voorsien en gaste moet asb. hulle eie handdoeke saambring.

Die groot, oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, eetgerei, breekware, potte, panne en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die etenstafel met sitplek vir 10 gaste geniet word. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Gaste kan voor die kaggel ontspan of in die sitarea wat 'n TV met sekere DStv-kanale het. WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n stoep met 'n uitsig oor die swembad en tennisbaan. Parkeerplek is beskikbaar en daar is 'n sekuriteitstelsel.

Hermanus bied verskeie aktiwiteite soos staanroei, visvang, kajakvaart, swem, gholf, perdry en in seisoen kan gaste walviskyk. Gaste kan die verskeie wyplase en wingerde besoek, of die Fernkloof Natuurreservaat besoek waar hulle kan wandel, stap en fietsry.

Slaapplek

’n Bespreking by Fernkloof Villa sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Cross-straat 9, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R8 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R8 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cross-straat 9, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb7b6dd98552905ad9ff8275ac073cbda7df1a1917230ac11eccc7ce89f6f283d665d5017ce4fe2b4d3b6eb82c70bfd996c16?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 500  per nag(plek vir 10) 9 Cross Street Hermanus 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.404522 19.267864
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!