Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Festina Lente in Onrus

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Lindie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Jaar gelys 7

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 28 resensies vir Festina Lente in Onrus
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.7/5
Helmie R - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Helmie R

Gesellig! Hoogs aan te bevele!

Gesellige kuier saam met volwasse gesin en hul honde-kinders. Die gasvrou het die ekstra myl gestap om elke oomblik vir ons onvergeetlik te maak!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Helmie en familie, dit was so maklik en so lekker om jou en jou familie (ook die hondekinders) as gaste te hê. Ons sien uit daarna dat julle weer sal kies om in ons gemmerbroodhuisie te kom bly. Tot weersiens!

Festina Lente in Onrus
Helena R - Sep 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Helena R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik gekuier in 'n oulike huis.

Dit is 'n baie oulike huisie met al die nodige geriewe vir lekker ontspanningsnaweek. Ons is verwelkom met 'n boodskap op die tafel en oral was geskenkies. Alles was netjies en so kunstig. Baie dankie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Helena, ons tone krul van lekkerkry as ons hoor dat gaste hulle tydjie by Festina Lente in Onrus geniet. Dankie vir julle besoek, hoop om mekaar binnekort iewers raak te loop. Tot dan, mooi bly!

Festina Lente in Onrus
Chanel S - Jun 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chanel S
Gesin met klein kinders

Pragtige plek.

Eienaars is baie vriendelik en doen baie moeite.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Chanel, dit was ons plesier om julle as gaste te ontvang en al het ons nie saam gekuier nie, sien ons uit na julle volgende besoek. Alles van die beste vorentoe.

Festina Lente in Onrus
Liesbet K - Mei 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Liesbet K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Goeie blaaskans.

Sien sterre.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Baie dankie, Liesbet. Ons glo ook dis 'n ideale plek vir diep asem haal. Kom kuier gerus gou weer.

Festina Lente in Onrus
Annetjie J - Mrt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Annetjie J
Saam met vriende

Skoon, netjies, 'n fees vir die oog.

'n Gemmerhuis met alles wat jy nodig het en meer. Ons het heerlik gekuier. Dankie Lindie vir jou puik diens en vriendelikheid.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Dankie Annetjie en vriende, dis altyd 'n fees om gaste soos julle by Festina Lente In Onrus te onthaal. Ons hoop julle voete vind eendag weer hul pad terug na ons plekke. Tot dan, alles van die beste.

Festina Lente in Onrus
Suretha R - Mrt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Suretha R
Gesin met tieners

Lui lekker verblyf.

Werklik die bes toegeruste selfsorg verblyf. Behalwe jou kos en strandhandoeke, hoef jy werklik niks saam te neem nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Suretha, baie dankie vir jou woorde van lof, ons waardeer dit baie.

En net terloops, ons ondersoek die voor- en na-dele van strandhanddoeke, so wie weet, volgende keer hoef julle dalk net julle eie kos hoef te voorsien. Kom maak gerus gou weer 'n draai!

Festina Lente in Onrus
Fransonette S - Mrt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Fransonette S
Gesin met klein kinders

Heerlike rustige kuierplek.

Dit is ;n heerlike huisie met alles wat jy nodig het.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Hallo Fransonette, ons is bly julle het lekker gebly en hoop julle sal gou weer kom kuier!

Festina Lente in Onrus
Lizette V - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Lizette V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik en veilig en skoon.

Genoeg spasie vir honde. Goeie kliëntediens.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Dankie Nico, familie, en ook vierpotiges,
Jou resensie sluit sleutelwoorde in wat ons van oor tot oor laat glimlag.
Hoop julle almal kan eendag weer kom kuier.

Festina Lente in Onrus
Corné V - Jul 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Corné V
Gesin met tieners

Ons kon net afskakel en batterye laai!

Dit is 'n heerlike huis en elkeen kan homself geniet en ontspan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Dankie vir jou resensie, Corné, dis beslis ook ons battery-laai plek! Ons hoop om julle en die hondjies weer in die toekoms te sien. Tot dan, alles van die beste!

Festina Lente in Onrus
Beverley B - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Beverley B
Gesin met tieners

Festina Lente was conveniently situated for all we wanted to do and was easy to find.

We needed a dog friendly place and Festina Lente was perfect. The kitchen was small but well equipped. We enjoyed our time very much and would happily recommend Festina Lente.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Thank you Beverley, we were so honoured that you and you family (furry ones included) decided to stay at Festina Lente in Onrus and you are most welcome to come again as you were very gracious guests. Thank you also for your useful recommendations.

Festina Lente in Onrus
Jana V - Jan 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jana V
Gesin met tieners

Heerlik rus in Onrus.

Pragtige huis in ‘n stil area in Onrus, stapafstand van die strand. Positiewe punt is dat honde toegelaat word en die erf groot is vir kinders om in te speel, regtig waarde vir jou geld. Huis is skoon en goed toegerus met alles wat jy nodig het.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Dankie baie Jana, ek weet dis die tweede keer dat julle met kind- en hondefamilie kom kuier het en ons beskou dit as 'n groot kompliment. Ons hoop om julle almal binnekort en baiemale weer te sien.

Festina Lente in Onrus
Mari O - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Mari O

Onvergeetlike lekker kuierplekkie, met alles wat jy nodig het om dit gerieflik en aangenaam te maak.

Deesdae is dit nogal 'n uitdaging om hondevriendelike akkommodasie te bekom. Hierdie was van die beste, met 'n veilige omheinde tuin vir die viervoetiges om te speel en baljaar.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Dis musiek in ons ore, Mari. Ons is so dankbaar dat jy en jou familie (ook die klein vierpotiges) julle Kaapse vakansie by ons huisie gehou het. Mag julle strandherinneringe julle weer laat terugkom.
Alles van die beste.

Festina Lente in Onrus
Karin V - Nov 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Karin V

'n Heerlike gesellig kuier saam met familie en vriende met die opening van die kreefseisoen.

Festina Lente is 'n snoesige huis, met 'n heerlike kuierboma buite. Smaakvolle dekor met 'n lekker huislike atmosfeer. Die erf het genoeg parkeerplek. Honde-vriendelik en sal definitief weer kom kuier.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Karin, ons vertrou julle het lekker kreef geëet en dat julle weer saam met jul hondemaats en ander familie sal kom kuier. Sien julle een van die dae weer.

Festina Lente in Onrus
Pippa M - Nov 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pippa M

So tuis soos by jou eie huis.

Gerieflik geleë, stapafstand van die strand, die honde het dit ook geniet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Dankie Pippa en vierpoot-familie. Ons mag dalk jou opskrif vir een van ons advertensies gebruik! Ons sien uit daarna om julle in die nabye toekoms weer te verwelkom.

Festina Lente in Onrus
Chivaugn G - Okt 2020
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
5/5
Chivaugn G
Gesin met klein kinders

We spent a week in this quaint house.

The loft area was lovely and the bath there was magical. The space was just the right size for us. The weather was awful and our baby got bronchitis so we couldn’t really enjoy it as much as we could have. It’s well located and adequately appointed. The house itself is charming and quaint and the grounds are big.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Thank you so much for your generous comments. So sorry to hear that you were sick while visiting Festina Lente In Onrus. We trust that the happy memories will soon overtake the negative ones and that you'll visit again when there's sunshine everywhere.

Festina Lente in Onrus
Naomi P - Okt 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Naomi P
Gesin met klein kinders

Baie lekke kuier, net die weer wat op die laaste dag saam kom speel het.

Dis 'n perfekte vakansiehuis, een waarna ons definitief vir langer as 'n naweek wil terugkeer. Enigste aanbeveling sal wees vir 'n onderdakbraai-area. Daar's so baie goeie boeke, die see is om die draai, winkels binne loopafstand. Festina Lente sien my definitief weer.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Aaa, Naomi en Kie, ons is so bly dat julle en die kleintjies lekker gekuier het. Dis ons hoop dat ons julle gou weer sal sien - en dat die son volgende keer die hele tyd sal skyn. Ons hoor ook julle voorstel oor die dak oor die braai-area - dis beslis iets wat ons sal oorweeg.

Festina Lente in Onrus
Roelien R - Sep 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
2/5
Roelien R
Gesin met klein kinders

Klein, maar gemaklik.

Baie lekker gekuier. Die plekkie was naby die strand en daar was 'n klein speelparkie naby die huis vir die kinders. Die leefarea en kombuis is kleiner as wat die fotos aandui en die boonste verdieping se vloere het gekraak as jy daarop loop. Daar was nie klere pakplek in die kamers nie. Kon dalk doen met ekstra komberse en kussings, was baie koud in die aande. Die boonste leefarea "loft" was baie goed toegerus met boeke en DVDs en kon lekker daar kuier, maar wil voorstel dat daar beter veiligheidsreëlings aangebring word, veral met klein kinders. Die gasvrou was puik en ons kon maklik met haar kommunikeer. Daar was baie informasie beskikbaar oor die huis en omgewing.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Hallo Roelien, ons is baie dankbaar vir jou eerlike en opregte kommentaar. Jy't vir ons 'n bietjie huiswerk gegee en ons sal beslis daaraan aandag gee. Ons hoop wanneer julle eendag weer kom kuier, dat alles presies sal wees soos julle daarvan sal hou.

Festina Lente in Onrus
Veronica C - Aug 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Veronica C

Fabulous getaway in Onrus!

We had a wonderful weekend away. The first after having to endure Lockdown for far too many days, weeks and months! Festina Lente is a lovely holiday home. Well positioned and within easy walking distance of the sea and restaurants. The lovely boma braai was thoroughly enjoyed and the chilly evenings were enjoyed beside the braai. The beds were comfortable and the water was hot - very important in the middle of winter! We had a lovely relaxing time and were able to recharge our batteries. This really is a lovely holiday home and we look forward to our next visit.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Veronica & co, you warm the cockles of my heart with your kind words. We're so glad you chose to 'break' lock down at Festina Lente In Onrus and we look forward to host you and your daughters again in the near future. Until then, stay safe!

Festina Lente in Onrus
Gerhard L - Jan 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerhard L
Gesin met klein kinders

Oupa en ouma met twee dogters van oorsee en twee kleindogters op soek na 'n paar dae by die see.

Festina Lente het ons verwagtinge oortref, 'n kompakte maar goed ontwerpte huisie wat uitstekend toegerus is, heerlik gemaklike beddens en badgeriewe, gemaklike kuierareas binne en buite, lekker leesboeke - ook vir die kinders - en 'n verbasende versameling DVD's! Die kombuis is ietwat knap, maar goed toegerus met 'n gesofistikeerde hob en oond. Lindie as gasvrou is vriendelik en ondersteunend en al haar reëlings werk vlot. Die verblyf is bekostigbaar. Sterk aanbeveel!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Hallo Gerhard en familie
Wat 'n lekker boodskap om te ontvang. Dankie dat julle ons plekkie gekies het en ons is bly julle het dit geniet. Julle kan enige tyd weer kom inloer.

Festina Lente in Onrus
Jana V - Jan 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jana V
Gesin met klein kinders

Heerlike week in Onrus.

Festina Lente is ‘n pragtige huisie, in Onrus, met die pluspunt van diere-vriendelik. Die erf is groot en omhein, dit is in ‘n stil, veilige deel en stapafstand van die strand af. Goeie waarde vir geld.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Jana, jy en jou hele familie (ook die vierpotiges) is baie welkom om enige tyd weer te kom kuier! Ons is so bly om te hoor julle het julself geniet.
Tot weersiens!

Festina Lente in Onrus
Charné V - Okt 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Charné V
Saam met vriende

Dit was ontspannend, heerlik en smaakvol tog huislik ingerig. Die baie badkamers is beslis wonderlik! Ek sal beslis weer teruggaan.

Ons het tuis gevoel. Ek het regtig gevoel ek kan daar ontspan, rus en ek het my tyd daar geniet. Met die bespreking het ek nie besef dat die huis se een kant aan die hoofstraat grens nie en dit was soms bietjie raserig, maar ons was meestal onder want ons was min mense. Ek dink as mens baie is, gaan mens meer bo wil kuier en dan is die buitedeure aan die kuierkant glad nie raserig nie, met 'n mooi uitsig op die berg. Die biblioteek was wonderlik en ons wou nie een keer TV kyk nie. Ek sal net volgende keer meer mense saamneem, vir twee mense was die huis te groot. Die feit dat ek my honde kon saamvat (en weet hulle is veilig, met geen uitkomplek nie), het vir my persoonlik baie beteken.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Dankie vir jou opregte en openlike terugvoer en jou praktiese voorstelle. Ons sal beslis dink aan maniere om die geraas aan die straat se kant van die huis te verminder; miskien sal ons die boonste bed na die ander kant van die huis toe skuif.
Ons sien beslis uit na jou, jou dierekinders en jou vriende se volgende besoek, want julle is model-gaste!

Festina Lente in Onrus
Joe D - Mrt 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Joe D
Gesin met klein kinders

Pleasant, central and adequate for a holiday stay.

Accommodation is ideal for a family holiday with adequate space. It is centrally located, close to beach and shops and area is quiet and pleasant.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Thanks, Joe and family, it means so much to us to hear that guests enjoyed their stay at Festina Lente In Onrus. We look forward to seeing you again sometime in the future.

All the best.
Lindie, owner.

Festina Lente in Onrus
Marcelle H - Feb 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Marcelle H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Absolutely awesome.

Home away from home. Rooms are spacious and tidy. Lindie, owner very accommodating and extremely easy to deal with. Will recommend venue to anybody at any time. Beautiful home in a beautiful setting.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Dear Marcelle,

We appreciate your encouraging words very much and look forward to hosting many guests as wonderful to have as you and your family were.

Au revoir,
Lindie

Festina Lente in Onrus
Claudia M - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Claudia M
Enkelreisiger

Baie mooi netjies, baie baie rustig. Ek kom weer.

Pragtige huis en plek om weg te breek vir ‘n vakansie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Dankie, Claudia, jy gebruik woorde wat ons harte warm laat klop. Ons sien uit na julle volgende kuiertjie!

Festina Lente in Onrus
Wian J - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wian J
Saam met vriende

A simplistic holiday at a peaceful little town.

My weekend away was made extremely simple and easy with the host providing all relevant information required and free to answer any questions through email or Whatsapp. The accommodation was also ideal and easily a home away from home. Definitely would recommend to any group of people wanting a peaceful few days within driving distance of Hermanus.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Thank you, Wian and friends. We are so happy to hear that others also enjoy the peaceful haven that we have tried to create at our home in Onrus, despite the name paradox.
Do visit again!

Festina Lente in Onrus
Mikyle D - Mei 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mikyle D
Saam met vriende

Excellent and relaxing.

We had an amazing time in Onrus. The house is very neat and had enough room outside for our huskies. The owner really went an extra mile to make us feel at home with the gift bag. We surely will be returning in the future.

Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.

Uitstekend en ontspannend.

Ons het 'n wonderlike tyd gehad in Onrus. Die huis is baie netjies en het genoeg spasie buite vir ons Huskies. Die eienaar het regtig 'n ekstra myl gegaan om ons tuis te laat voel met geskenkepakkie. Ons sal sekerlik terugkeer in die toekoms.

Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Hi Kyle,
Thanks for your kind words. We look forward to having you, your friends and your furry family to stay at Festina Lente in Onrus again.
All the best,
Lindie

Festina Lente in Onrus
Welna J - Jan 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Welna J
Gesin met tieners

Kunstige, knus interieur sê dadelik "welkom!" en ontdekking van goeie boeke en DVD's maak dat mens wil aanbly.

Ons gasvrou was vanaf die eerste dag telefonies en aanlyn persoonlik beskikbaar en het ons besonder vriendelik tuisgemaak. Die ligging is naby genoeg vir die tieners na die plaaslike strande en poele en binne kort ry-afstand na die Hermanus-strande, waar my kleinseun soms verkies het om te gaan branderry. Die meisies het lekker aan hulle sonbrand gewerk en dit geniet om oefening te kry deur te stap/draf. Ek het rustig sit en brei en lees en herstel van 'n rugoperasie! Braai/kuier lekker in die beskutte tuin-lapa buite!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Welna, al het ons nie ontmoet nie, voel dit of ons al jare vriende is. Baie dankie vir jou mooi woorde oor ons wegkruip-kuierplekkie. Ons sien uit daarna om julle weer te verwelkom.

Festina Lente in Onrus
Irvin K - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Irvin K
Gesin met tieners

Heerlik.

Baie lekker plek. Beveel dit met graagte aan vir enige iemand wat wil gaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Festina Lente in Onrus se terugvoer

Baie, baie dankie vir julle resensie, dit beteken vir ons baie. Ons sien uit daarna om julle weer te onthaal. Groete, Lindie. Festina Lente in Onrus

Festina Lente in Onrus
Vanaf
R2 400
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R2 400
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Kocksingel 5, Onrus, 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2e69262da074c8e0866660c160e1a486c1a0c0d92c42d52b430bcae88a07abb9716cbafe489f7bdfc15d4e068005c1fbda5c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag, vir 6 mense 28 5 1 5 5 De Kock Close Onrus 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.411168487637 19.178685882278
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem