Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Festina Lente in Onrus

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Kocksingel 5, Onrus, 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 400 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Festina Lente in Onrus bied gerieflike selfsorgverblyf in die kusdorp Onrus. Die huis is 15 minute se stap vanaf 'n swemstrand en 10 minute se ry vanaf die Hemel-en-Aardevallei se wynplase.

Dié ongekunstelde huis met ongepleisterde mure en 'n plankvloer wat kraak, bied slaapplek aan 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 en suite-badkamers, 'n kompakte leefarea en kombuis. Die 2 slaapkamers onder het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n slim-TV en 'n skuifdeur na buite in een van die slaapkamers.

Die boonste vertrek het 'n oopplan-uitleg met 'n slim-TV en tuisbiblioteek aan die een kant, 'n koningingrootte-bed en 'n oopplan-badkamer met 'n Victoriaanse bad, toilet en 'n wasbak aan die ander kant. Die vensters strek tot by die plafon en bied 'n uitsig op die Plooiberge en die pragtige agtertuin.

'n Gasgeyser en -stoofplaat is geïnstalleer, asook 'n omsetter en 'n battery om te verseker dat noodsaaklikhede soos ligte, TV, selfone en rekenaars tydens beurtkrag gebruik kan word. Duidelike veiligheidsinstruksies word voorsien.

Vir kleuter-veiligheid kan die trappe en boonste vertrek met 'n traphek afgesper word.

Die kombuisie is met 'n 271 L-yskas-vrieskas, vierplaat-gasstoof, konveksie-mikrogolfoond en kombuisware toegerus. Daar is 'n tweede 176 L-koelkas in die ontvangskamer wat ideaal vir koeldrank is. Ander geriewe sluit 'n heerlike groot onthaal- en braai-area buite in sowel as 'n slim-TV met toegang tot YouTube, 'n DVD-speler en veilige parkeerplek in. Daar is ook 'n tuisbiblioteek en 'n stapel DVD's vir gaste om te geniet. Onbeperkte WiFi is beskikbaar.

Daar is genoeg tafels wat as lessenaars kan dien vir minstens twee werkstasies vir diegene wat 'n plek soek om vir 'n paar dae op die platteland te bly terwyl hulle steeds van die huis af werk.

'n Groot trekpleister is dat vierpoot-familielede ook teen 'n dagtarief welkom is. Die erf is omhein en groot genoeg vir gehoorsame honde om in te speel.

Onrus bied aktiwiteite soos swem by Onrusstrand, boeremarkte met heerlike kos en gesellige atmosfeer, walviskyk vanaf Hermanus se kranse, 'n groot verskeidenheid restaurante, wynproe by wêreldbekende wynplase soos Creation en Bouchard Finlayson in die Hemel & Aardevallei, visvang, bergfietsry, gholf by Arabella of Hermanus of stap in Fernkloof se fynbosnatuurreservaat.

Slaapplek

’n Bespreking by Festina Lente in Onrus sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie
  • Videospeler

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 28 resensies vir Festina Lente in Onrus
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Lindie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Jaar gelys 7

Ligging

  • De Kocksingel 5, Onrus, 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Festina Lente in Onrus het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Onrus Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Kocksingel 5, Onrus, 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2e69262da074c8e0866660c160e1a486c1a0c0d92c42d52b430bcae88a07abb9716cbafe489f7bdfc15d4e068005c1fbda5c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag, vir 6 mense 28 5 1 5 5 De Kock Close Onrus 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.411168487637 19.178685882278
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem