Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fin & Feather Guest Lodge

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: North Rand-weg 31, Beyerspark, Boksburg, 1459, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Fin & Feather Guest Lodge bied 'n ontspanne, gerieflike en huislike atmosfeer. Dit word deur die eienaar bestuur en dus kan gaste altyd verseker wees van professionele diens, silwerskoon kamers en uitmuntende kookkuns. Of jy nou hier bly vir twee of drie nagte, en of jy nou langer vertoef, Fin & Feather se toegewyde personeel en persoonlike aandag sal verseker dat jy 'n heerlike tyd hier het.

Weens God se genade, toegewyde eienaars en personeel en professionele diens het ons nou die gastehuis uitgebrei en is daar nou 19 kamers. Die gastehuis is gewild onder sakelui, plaaslike reisigers en internasionale toeriste. Ons bied gerieflike kamers met privaat ingange, en suite-badkamers met meestal storte en baddens op versoek, en kraakvars skoon linne.

Ons is trots daarop om aan sakereisigers en gesoute reisigers 'n kamer met 'n privaat ingang, en suite-badkamer, TV met DStv, gevulde yskassie (nie-alkoholiese drakies) en koffie- en teemaakgeriewe te voorsien. Ongelukkig hou ons geen partytjies of ander gebeure nie.

Die gastehuis is sentraal geleë, net 13 km van OR Tambo Lughawe af, 3 km van die Oosrand Winkelsentrum af, met maklike toegang tot die N12, Johannesburg-Witbank-snelweg, Emporer's Palace, Carnival City en verskeie winkelsentrums, restaurante en hospitale.

Fin & Feather bied die beste diens in die dorp.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 43 resensies vir Fin & Feather Guest Lodge
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Nkechi Udeagha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 43

Jaar gelys 11

Ligging

  • North Rand-weg 31, Beyerspark, Boksburg, 1459, Gauteng
  • Gaste dink Fin & Feather Guest Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: North Rand-weg 31, Beyerspark, Boksburg, 1459, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbe91b94e73a111ff15ac74211001b8e3ed79c5e9256cd21f2f1787ac82e9e86cdbd4ac7adbf6c28c8c575c5d6e88a109a4fc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 43 5 1 5 31 North Rand Road Beyerspark 1459 Gauteng 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -26.17981179346 28.272650134622
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem