Fin Whale

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fin Whale is 'n selfsorghuis in die Klein Slangkop-veiligheidslandgoed in Kommetjie. Die omgewing spog met bekende toeristebestemmings soos Imhoff Farm, Slangkop-vuurtoring en Long Beach wat uitstekende geleenthede bied om kreef te vang.

Die huis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 4 kinders, en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en beskik oor 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens, wat op versoek as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word, en die vierde slaapkamer het 2 stapelbeddens. Dié twee slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n skottelgoedwasser, gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n aparte opwasarea met 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel, kaggel en 'n TV-projektor teen die plafon met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi-toegang word voorsien.

Groot skuifdeure lei na die sentrale binnehof en die sonverhitte swembad. Sonstoele, 'n etenstafel met plek vir 8 gaste en braaigeriewe word voorsien. Veilige parkeerplek is beskikbaar en die huis het 'n alarm.

Slaapplek

'n Bespreking by Fin Whale sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fin Whale gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 981 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false