Suidelike Voorstede Akkommodasie by Fir-Lea Guest Room | LekkeSlaap
+22

Fir-Lea Guest Room

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mellville-weg 16, Plumstead, 7800, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R550 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Fir-Lea Guest Room is in 'n bekoorlike Kaaps-Victoriaanse huis, in die residensiële gedeelte van Plumstead geleë. Die huis is in 1945, aan die einde van die Tweedewêreldoorlog gebou. Dit was 'n era toe huise gebou is met die fokus op eenvoudige funksionaliteit eerder as op ontwerp en ligging.

Die huis het al 5 eienaars gehad, met die huidige eienaar wat in 2014 ingetrek het. Daar is baie min veranderings aan die huis gemaak, maar volgehoue aandag sorg dat die huis sy ouwêreldse bekoring behou. Daar is 'n gemaklike vloei tussen die huis se vertrekke, veral nou dat die muur wat die sitarea van die eetarea skei verwyder is.

Gaste het toegang tot die gemeenskaplike leefruimtes soos die kombuis, opwaskamer en sitarea, sowel as 'n braai-area en die tuin. Die kombuis is ingerig met 'n yskas, mikrogolfoond en 'n gasstoof.

In die winter is dit lekker warm in die huis met sy 3 kaggels, en op die meeste koue aande word smaaklike etes voorberei wat voorgesit kan word saam met wyn vanaf plaaslike wynplase of van die eienaar se eie wyn wat hy op kleinskaal produseer. In die somermaande sorg die hoë plafonne dat dit heelwat koeler in die huis is.

Privaat parkeerplek onder 'n motorafdak is ook beskikbaar. Lughawependeldienste is beskikbaar op versoek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 13 resensies vir Fir-Lea Guest Room
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Mellville-weg 16, Plumstead, 7800, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fir-Lea Guest Room het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R550
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mellville-weg 16, Plumstead, 7800, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAl1qPN4RCNIqXLYqWt57wjZIMie4qqz6TY3GNg6FUzYo9VRIDwf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (vir 2 persone) 13 5 1 5 16 Mellville Road Plumstead 7800 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-18:00 10:00 -34.024993306981 18.470066468717
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za