Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fisant, Bokmakierie & Hoephoep

Gastehuis
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Thoi Oosthuizen-straat 8 & 9, Panorama, Bethlehem, 9700, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 150 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Atmosfeer, aandag aan detail en persoonlike diens maak Fisant-gastehuis voorwaar spesiaal. Ons is in die hartjie van die ongelooflike Sandstone Country in die dorpie Bethlehem. In hierdie rustige omgewing met sy pragtige tuine kan jy heerlik en in styl kom ontspan.

Gasheer en -vrou Du Toit en Sonia Human het ’n heerlike, elegante en gesellige atmosfeer geskep vir sakereisigers en vakansiegangers.

Ons 17 bekoorlike en suite-slaapkamers met aparte ingange is kunssinnig versier en sluit al die geriewe in wat aan ons ’n 4 ster-gradering besorg het. Elke kamer het 'n TV met M-Net en sekere DStv-kanale, koffie- en teemaakgeriewe met tuisgebakte beskuit, verwarmers en elektriese komberse vir daardie koue Bethlehem-winternagte.

Van ons kamers is vir selfsorg toegerus, elk met sy eie unieke karakter, en bied toegang tot patio’s en ’n lieflike tuin. Die kombuise is volledig toegerus met ’n yskassies, mikrogolfoonde en eetgerei. Braaigeriewe is op versoek beskikbaar. ’n Paar van ons kamers het sitkamertjies waar jy na ’n lang, harde dag se werk kan agteroor sit. Ons het ook gemeenskaplike sitkamers met gesellige houtkaggels, musiek, goeie leesstof, yskassies en privaat ingange. Hierdie mooi, ruim sitkamers is ideaal vir koue winteraande.

Al ons gaste het toegang tot veilige onderdakparkeerplek. Gaste betree ons perseel via elektroniese hekke en die perseel word beveilig deur 'n sekuriteitsheining.

Gaste kan soggens 'n heerlike buffet-ontbyt geniet en heerlike aandetes is weeksaande op versoek beskikbaar.

Fisant-gastehuis is in ’n stil woonbuurt geleë, naby die vernaamste restaurante, winkelsentrums en die Mediclinic Hospitaal.

Bethlehem is in die mooie Oos-Vrystaat, net 'n entjie se ry vanaf die rustige Clarens, en bied maklike toegang tot plekke soos Golden Gate Nasionale Park, Drakensberg Wêrelderfenisgebied en Lesotho. Bethlehem dien ook as ’n gerieflike plattelandse oornagplek waar jy ook al vandaan kom of heen gaan!

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 38 resensies vir Fisant, Bokmakierie & Hoephoep
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Sonia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Jaar gelys 9

Ligging

  • Thoi Oosthuizen-straat 8 & 9, Panorama, Bethlehem, 9700, Vrystaat
  • Gaste dink Fisant, Bokmakierie & Hoephoep het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Thoi Oosthuizen-straat 8 & 9, Panorama, Bethlehem, 9700, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI4YWY2ZGRjLWNiYzItNDNlNi1hNWFkLTQyMjE3OGM2OWYwYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag, vir 2 mense 38 5 1 5 8 & 10 Thoi Oosthiuzen Street Panorama 9700 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.225856301102 28.328127102686
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem