Fish Eagle Nest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fish Eagle Nest is 'n selfsorghuis wat langs die Krugerwildtuin geleë is en wat 'n basiese wildkykwegbreek in die bosveld bied.

Dié huis het nie elektrisiteit nie en maak van sonkrag gebruik vir die ligte en gas vir die ander toerusting in die huis. Die huis is volledig toegerus en het slaapplek vir 8 gaste in 2 dubbelkamers. Daar is ook 2 badkamers en 2 slaapbanke met kaste bo. Die 1 dubbelkamer het 'n en suite-badkamer en die ander dubbelkamer het 'n badkamer oorkant die kamer. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Die solder het 'n sitkamer met stoele en 'n koffietafel, asook 'n deur wat na 'n boonste patio lei met uitsigte oor die bos. Daar is 4 enkelstapelbeddens met muskietnette. Die oopplan-kombuis het 'n dubbeldeur wat na die patio lei. Die patio het 'n tafel vir 8. Die eetkamer het 'n buffet met 'n tafel vir 6 gaste. Daar is ook 'n lapa met 'n braai-area en daar is 'n plonspoel langs die patio. Daar is ook 'n sitkamer bo wat na 'n balkon lei met leesstof.

Doendinge sluit voetslaan, voëlkyk en bergfietsry in wat voor 17:00 geniet kan word. Die hoofkamp het ook tennisbane en 'n groot swembad.

Daar is 'n paar restaurante in die omgewing, asook 'n kruidenierswinkel met basiese geriewe, 'n vulstasie en 'n hardewarewinkel. Fish Eagle Nest skuil in die hartjie van Marloth Park, 'n unieke wilddorpie, war jy bokke, kameelperde, sebras, wildebeeste en verskeie katsoorte sal aantref. Dié bosvelddorpie bied maklike toegang tot die Krugerwildtuin, Mosambiek en Jeppe's Reef. Die Royal Swazi Casino is is ook naby.

Slaapplek

'n Bespreking by Fish Eagle Nest sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
4 x Dubbelbed
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Wildkyk

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fish Eagle Nest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za