Fisherman's Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fisherman's Cottage bied verblyf aan 'n groep of gesin van 6. Dié kothuis is in Gansbaai en kyk oor die see en hawe uit.

Die huis het 3 slaapkamers en 2 en suite-badkamers met storte. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens, ideaal vir 2 kinders.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus en het 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof en oond, asook 'n binnebraai-area. Koffie- en teemaakgeriewe word voorsien. Gaste kan aansit by die etenstafel of in die sitkamer by die TV ontspan. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder saam te bring.

Die kothuis het 'n houtdek en 'n braaidrom vir buite braai. Hierdie houtdek kyk oor die hawe uit. Veilige parkeerplek is beskikbaar en die perseel word omring deur 'n lae muurtjie.

Gansbaai bied verskeie restaurante, doendinge en besienswaardighede, soos haaihokduik, voetslaanroetes soos Duiwelsgat en die Fynbosroete, Danger Point-vuurtoring, en meer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fisherman's Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false