Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Five Pebbles op Piece of Africa

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boekenhoutskloof 42, Cullinan, 1000, Gauteng
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Five Pebbles op Piece of Africa is sowat 30 km Noord-Oos van Pretoria in die Boekenhoutskloof-area op 'n klein bosveldplasie geleë. Die verblyf is deel van die groter Dinokeng area. LW dat dit nie in die Dinokeng Natuurreservaat is nie, maar wel naby die reservaat. Nyati-hek is ongeveer 20 km weg. Hier kan gaste die pragtige uitsigte en die rustigheid van die bos geniet. Dit is ideaal vir gaste wat 'n bietjie wil wegbreek van die stadslewe om asem te skep, asook vir paartjies wat tyd saam wil spandeer.

Hierdie selfsorg-chalet het slaapplek vir 2 gaste. Dit beskik oor 'n oopplan-slaaparea met 'n dubbelbed en sitarea met gemaklike sitplek en koffiekroeg. Die badkamer het 'n stort, toilet, wasbak en 'n gas-waterverwarmer. Linne en handdoeke word voorsien vir ons gaste se gerief. In die winter word 'n gas-verwarmer en in die somer 'n waaier verskaf vir ekstra gerief. Die grasdak verskaf 'n koel lafenis binne en 'n afdak met 'n gemaklike rusbank op die dek buite, in die warm somer maande.

Die kombuis het 'n yskas, gas-tweeplaatstoof, mikrogolfoond, broodrooster, breekware en eetgerei.

Gaste het ook toegang tot braaigeriewe. 'n Piekniek tafel en kampstoele word voorsien.

Gaste kan gerus in die gemeenskaplike plonspoel, 'The Hippo Hole', afkoel. Bring asseblief eie swemhanddoeke saam.

Die plaas spog met 'n verskeidenheid wild wat ons gaste kan bewonder: Blou wildebeeste, blesbokke, rooibokke en klein wild wat deur beweeg. As jy gelukkig is kan jy die kameelperde langsaan, reg by jou voordeur sien. Luister na die roep van die jakkalse en leeus in die aand en die visarende in die dag. Five Pebbles is die ideale plekkie vir natuurliefhebbers, wildfotograwe en voëlkykers. Wildkyk is slegs te voet moontlik.

Daar is tientalle nabygeleë besienswaardighede, soos Dinokeng Natuurreservaat, Cullinan met sy myntoere, historiese monumente, kuns- en oudhedewinkels, restaurante en avontuur aktiwiteite. Buffelsdrift Mountain Bike Park en die Kevin Richardson Wildlife Sanctuary en die Lion and Cheetah Sanctuary is ook naby geleë.

Slaapplek

’n Bespreking by Five Pebbles op Piece of Africa sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Privaat ingang

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Ekstras

  • Tee en koffie skinkbord

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 59 resensies vir Five Pebbles op Piece of Africa
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Boekenhoutskloof 42, Cullinan, 1000, Gauteng
  • Gaste dink Five Pebbles op Piece of Africa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boekenhoutskloof 42, Cullinan, 1000, Gauteng
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA949d95617d7ccd12e7731e91264df58ecba041be3a5f154f29e406308cf79f368be8c09db477dfec001c1aec27d35f21fffd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2) 59 5 1 5 42 Boekenhoutskloof Cullinan 1000 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.521862 28.424106