Flagship 8

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Flagship 8 is in Britanniabaai langs die stille waters van St Helenabaai naby aan Paternoster. Tietiesbaai is ook net 15 minute van ons af weg en gaste kan gerus na Velddrif ry om die sonsondergang oor die Bergrivier te bewonder. Vir diegene wat op soek is na 'n bietjie avontuur is daar vierwielmotorfietse, hoë spoed bootritte, restaurante en die Casino by Club Mykonos.

Flagship 8 is minder as 100 m van die strand af, op die Goue Myl en het 3 slaapkamers met see-uitsigte met slaapplek vir 6. Daar is ook 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer. Nuwe beddegoed en handdoeke word voorsien. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, stoof en 'n oond. 'n Wasmasjien en tuimeldroër word voorsien. Daar is ook 'n binne- en buitebraai en oorgenoeg parkeerplek. Die huis bied DStv-toegang. Bring asb. jou eie dekodeerder en slimkaart saam.

Laat die geluide van die natuur jou in die oggend wakker maak. Tarentale, seemeeue en swarttobies konding die begin van 'n nuwe, onvergeetlike dag in Brittaniabaai aan.

Slaapplek

'n Bespreking by Flagship 8 sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
3 x Dubbelbed
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Flagship 8 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 550 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false