Flamingo Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Flamingo Lodge is in die hart van Umhlanga Rocks, 200 m vanaf die Blouvlag-swemstrand en die strandfront promenade. Die Promenade, wat sowat 4 km lank is, is ideaal vir gaste wat daarvan hou om te stap of te draf. Dit bied asemrowende uitsigte, opelug-restaurante en van hier kan jy die dolfyne en walvisse tydens die seisoen sien baljaar.

Elkeen van ons 8 smaakvol gemeubileerde slaapkamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n privaat patio. Elke kamer het satelliet-TV, 'n kluis, individuele lugversorging, waaiers, en tee- en koffiemaakgeriewe. Een van die eenhede is 'n selfsorgwoonstel met 'n dubbelkamer, 'n en suite-badkamer met 'n bad en aparte stort, en 'n aparte leefarea met 'n slaapbank, kombuisie en eetarea.

Indien jy nie 'n rekenaar by jou het nie, kan jy gerus die rekenaar in die gastesitkamer gebruik wat aan ons gratis WiFi gekonnekteer is. Daar is ook 'n eerlikheidskroeg op die veranda wat uit die sitkamer lei. Gaste kan 'n volledige Engelse ontbyt buite op ons balkon geniet met beeldskone see-uitsigte.

Flamingo Lodge staan jou graag by met al jou toerisme- of sakeversoeke en ons ontvangspersoneel sal uit hul pad gaan om jou verblyf onvergeetlik te maak.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Flamingo Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false