Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

River & Sea

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eigelaarstraat 11, Laaiplek, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 6
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

River & Sea bied 'n idilliese wegbreek aan die kus en die ligging teen die rivier is heerlik. Al die woonstelle front na die Bergrivier en die see, so gaste het pragtige uitsigte. Die ligging is ideaal vir diegene wat die Kaapse Weskus wil verken.

River & Sea het 3 woonstelle wat slaapplek aan 6 gaste in totaal bied.

Die Gesinswoonstel is 'n oopplan-eenheid met 'n koninggrootte-bed, 'n stapelbed vir 2 kinders, kombuisie, sitkamer en eetarea. Die badkamer het 'n handstort en gewone stort. Die kombuisie is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste. Daar is ook 'n groot platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Skuifdeure bied toegang tot 'n balkon met pragtige uitsigte oor die vleilande, Bergrivier en Laaiplek. Die eenheid bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders.

Die Ateljeewoonstel is 'n oopplan-eenheid met 'n koninggrootte-bed, sitkamer en eetarea. Die badkamer het 'n handstort en gewone stort. Die kombuisie is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike rusbank. Daar is ook 'n groot platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Skuifdeure bied toegang tot 'n balkon met pragtige uitsigte oor die vleilande, Bergrivier en Laaiplek.

Die Een-en-'n-half-slaapkamerwoonstel het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n en suite-badkamer. Daar is 'n aparte slaaparea met 'n enkelbed en 'n tweede badkamer. 'n Enkelbed kan in die leefarea geplaas word om 'n vierde gas te akkommodeer. Die oopplan-kombuisie is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolfoond. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het oorgenoeg sitplek, 'n binnebraai en 'n platskerm-TV teen die muur met Netflix.. Die sitkamer bied toegang tot 'n pergola en 'n dek deur skuifdeure. Stoepmeubels en ketelbraaigeriewe is beskikbaar vir buite.

Doendinge naby sluit vele nostalgiese inkopieplekke in, daar is 'n 5 ster-restaurant, kroeg, wegneem-eetplekke, 'n gholfbaan, en verskeie ander buitemuurse doendinge. Die Weskus se pragtige, wit strande en helderblou water is ideaal vir snorkel- en skubaduik.

St. Helenabaai is deel van die Weskus se Walvisroete, en is gewild vir walvis- en dolfynkyk in seisoen.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 113 resensies vir River & Sea
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Eigelaarstraat 11, Laaiplek, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink River & Sea het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Velddrif Weskus Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eigelaarstraat 11, Laaiplek, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 6
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8aed2905c0666d029d8b3a5ae74e571caf267c7ee0d6eba2319949924443d25c1b65beadcb242d0514d1e0f8f0d4443b9cd5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 113 5 1 5 11 Eigelaar Street Laaiplek 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -32.77861 18.15133