Flat 15 Ocean Breeze

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Flat 15 Ocean Breeze bied gerieflike selfsorgverblyf op die grondverdieping in 'n cabana-styl woonstel. Dié woonstel is in die Ocean Breeze-kompleks met direkte toegang tot die strand.

Die oopplan-selfsorgwoonstel het 'n koningingrootte-bed, 'n dubbelslaapbank, 'n badkamer met 'n stort en 'n wasbak-eenheid, 'n kombuis en 'n leefarea. Die woonstel is ideaal vir 2 volwassenes en 2 kinders.

Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n L-vormige slaapbank. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Die onderdakstoep het 'n tafel met 4 stoele. Daar is 'n gedeeltelike see-uitsig en 'n tropiese tuin. Rook is in die woonstel verbode, maar gaste mag op die stoep rook.

Die kompleks bied verskeie gemeenskaplike braai-areas met 'n tafel en stoele. Daar is ook 'n gemeenskaplike swembad vir die kinders en 'n groter swembad vir volwassenes. Die kompleks bied 24 uur-sekuriteit en onderdakparkeerplek.

Die ligging bied toegang tot winkelsentrums, mediese geriewe en die Galleria Mall in Amanzimtoti. Daar is 5 gholfbane in die area, asook die bekende Aliwal Shoal naby Umkomaas vir skubaduikers. Durban is 33,7 km ver en King Shaka Internasionale Lughawe is 66,2 km ver.

Slaapplek

'n Bespreking by Flat 15 Ocean Breeze sluit in:

1 x Koningingrootte-bed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Flat 15 Ocean Breeze gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false