Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fleur de Lys Guest Farm

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Fleur de Lys Plaas, Klaserie, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 060 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Fleur de Lys Guest Farm is op 'n rustige plaas in die hartjie van die Oostelike Laeveld. Die plaas het majestueuse en panoramiese uitsigte op die Drakensberge en is net 40 km van die Krugerwildtuin af.

Ons het 'n Plaashuis, Gesinseenheid en 3 Rondawels. Elke eenheid is toegerus met 'n dakwaaier en koffie- en teemaakgeriewe. Die gerieflike rondawels het grasdakke, is goed ingerig en gaste wat hier tuisgaan kan kies tussen selfsorg- en B&B-verblyf. Die Plaashuis is ideaal vir 'n familie en het 'n groot veranda en braai-area waar almal lekker kan kuier. Die Gesinseenheid bestaan uit 2 kleiner eenhede wat elkeen 8 gaste kan akkommodeer.

Daar is 'n swembad in die groot tuin en die nabygeleë dam is ideaal vir visvang. Gaste kan gaan stap in die natuur, voëlkyk en visvang.

Doendinge in die omgewing: uitstappies na die Hoedspruit Endangered Species Centre, perdry op die Whipalong Horse Trail, riviervlotvaart en lugballonvlugte wat die luisterryke Laeveldse natuurskoon ten toon stel.

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 12 resensies vir Fleur de Lys Guest Farm
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Fleur de Lys Plaas, Klaserie, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Fleur de Lys Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 060
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 060
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Fleur de Lys Plaas, Klaserie, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI4ZDE2YjBkLTJlYjMtNGM1My1iMmI4LTg5MGYxNzJiOGUwZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 060 per nag, vir 2 mense 12 5 1 5 Farm Fleur de Lys Klaserie 1380 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -24.547903910321 31.019554138184