Franschhoek Akkommodasie by Fleur du Soleil | LekkeSlaap
+73

Fleur du Soleil

Gastehuis

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Spesiale Aanbod 30% af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 14 Aug 2020 tot 31 Okt 2020.

Belasting en Ekstras

Kinders tussen 0 en 18 jaar betaal 100% van die deeltarief.

Deposito: 50% deposito word vereis om bespreking te bevestig ('n bespreking word eers bevestig sodra deposito ontvang is).
Indien jy 7 dae of minder voor die inklokdatum bespreek, is die volle bedrag onmiddellik betaalbaar.
Inkloktyd: 14:00 - 18:00.
Uitkloktyd: 08:30 - 11:30 (Indien jy versuim om betyds uit te klok, sal 'n ekstra nag se koste verhaal word, tensy ander gereël met die bestuur).
Geen troeteldiere.
Tjeks word nie aanvaar nie.
Tariewe vir georganiseerde toere is op versoek beskikbaar.
Ons raai aan dat jy reisversekering uitneem om enige moontlike verliese te dek indien jy kanselleer.
Kamers is onderhewig aan beskikbaarheid en Fleur du Soleil behou die reg voor om besprekings te weier indien ons goeie rede het.
Gaste wat voortydig vertrek sal steeds verantwoordelik gehou word vir die koste van die volle verblyftydperk.
Rook is verbode in die kamers en openbare areas, maar word wel toegelaat op die stoep of in die tuin.
Fleur du Soleil Gastehuis aanvaar nie aanspreeklikheid vir diefstal van, of skade aan, gaste se eiendom nie. Bewaar asb. alle kosbare items in die kluis in die kamer.
Gaste is welkom om van die geriewe by Fleur du Soleil se geriewe gebruik te maak, op eie risiko.
Skade aan Fleur du Soleil se gebou of inhoud wat deur gaste aangebring is, sal by die gas se rekening gevoeg word (dit sluit skade aan matrasse, linne en handdoeke in).
Fleur du Soleil Gastehuis sal geen bespreking aanvaar mits die gas nie toestem tot bogenoemde bepalings en voorwaardes nie.
Verantwoordelikheid: Fleur du Soleil Gastehuis en personeel gaan sorgsaam te werk. Ons aanvaar egter nie aanspreeklikheid vir beserings, skade, verlies, ongeluk, vertraging of onreëlmatigheid m.b.t ons dienste nie. Gaste sal gevra word om enige ekstra kostes te vereffen voor hul vertrek.

Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Ons Covid-19-waarborg: Ons sal altyd ’n 100%-terugbetaling gee indien reisbeperkings weens Covid-19 jou bespreking affekteer. Lees meer

1. Vir enige kansellasie word 'n administratiewe fooi van R150 per kamer gehef.
2. Kansellasie 30 dae of minder (of nie opdaag nie) voor inklokdatum: 100% van deposito word verbeur.
3. Kansellasie 31 - 60 dae voor inklokdatum: 50% van deposito word verbeur.
4. Kansellasie 61 dae of meer voor inklokdatum: volle deposito terugbetaalbaar minus minimum administrasiefooi van R150 per kamer.
5. Ons raai aan dat jy reisversekering uitneem om enige moontlike verliese te dek indien jy kanselleer.

was R2 610
Vanaf R1 827
per nag (plek vir 2)
was R2 610
Vanaf R1 827
per nag (plek vir 2)
was R2 610
Vanaf R1 827
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Van Riebeeckstraat 7A, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdjOGM5MzY2LTc1ZTItNDBhMS1iYmNhLTNmNTZiYWMyNjQ4YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R2 610, nou Vanaf R1 827  per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 7A van Riebeeck Street Franschhoek 7690 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 11:00 -33.911515 19.124616
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za