Fleur du Soleil

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fleur du Soleil is in die prentjiemooi dorp Franschhoek geleë. Dit bied gehalteverblyf vir gaste wat die nabygeleë besienswaardighede van die Kaapse Wynlande wil verken.

Akkommodasie by Fleur du Soleil beskik oor 2 suites wat ruim en smaakvol versier is en die Shell Room, wat nie selfsorggeriewe het nie en op 'n slegs-verblyf-basis bespreek word. Die selfsorgkamers het koninggrootte-beddens of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Elke kamer het gratis WiFi, lugversorging, 'n sitkamerarea met 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n kluis vir waardevolle items, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.

Daar is ook 'n sitkamer met 'n kaggel, kombuis met 'n mikrogolfoond, broodrooster, ketel, elektriese braaipan, breekware, eetgerei en al die basiese toebehore om maaltye voor te berei. Daar is ook 'n sitarea waar gaste kan eet. Buite is 'n onderdak-onthaalarea, swembad en veilige parkeerplek vir voertuie.

Die Shell Room het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Dit is nie geskik vir selfsorgverblyf nie.

Fleur du Soleil is ideaal geleë naby die middedorp met museums, restaurante en winkels. Dis net 'n uur se ry vanaf Kaapstad.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fleur Du Soleil gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za