Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Flight of the Eagle @ Kruger

Spesiale Aanbod 30% af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 22 Feb 2024 tot 30 Nov 2024.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Patryslaan 3584, Marlothpark, 2268, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 R2 450 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Flight of the Eagle @ Kruger is 'n luukse vakansiehuis aan die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die Krokodilrivier en 'n heining is die enigste skeiding tussen die verblyf en die wildtuin. Wild loop vrylik in die area rond en Flight of the Eagle @ Kruger is sowat 50 treë vanaf die Krugerwildtuin grensdraad. Gereelde besoekers sluit koedoes, rooibokke, grysduikers, bosbokkies, njalas, vlakvarke, muishonde, kameelperde, volstruise, nagapies en vele meer in. Die ruim en luukse huis het slaapplek vir 5 volwassenes, of 4 volwassenes en 2 klein kindertjies.

Dié huis beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Gehaltebeddegoed en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet hulle eie swemhanddoeke voorsien. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Daar is ook 'n dagbed vir 1 kind of 2 klein kinders wat deel (3 tot 4 jaar oud).

Die sitarea het gemaklike leerbanke en 'n TV met Netflix. Gratis WiFi word ook voorsien.

Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n sesplaatgasstoof, elektriese oond, dubbeldeuryskas-vrieskas en 'n eet-area met oorgenoeg sitplek.

Gaste kan die swembad, boma met 'n braai-area en 'n vuurput benut. Die onthaalarea is hoër geleë vir veiligheid met 'n lekker uitsig. Vroegoggend en laatmiddag kom kuier verskeie voëlspesies graag tot teen die stoep. Die huis het 'n sonkrag-rugstenstelsel en 'n watertenk vir wanneer beurtkrag probleme by die reservoirs veroorsaak.

Slaapplek

’n Bespreking by Flight of the Eagle @ Kruger sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 39 resensies vir Flight of the Eagle @ Kruger
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Patryslaan 3584, Marlothpark, 2268, Mpumalanga
  • Gaste dink Flight of the Eagle @ Kruger het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
R3 500 R2 450
per nag (plek vir 4)
Vanaf R3 500
R3 500 R2 450
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Patryslaan 3584, Marlothpark, 2268, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf7912d4aa7ff44ee86a8cfbdcb0bfbabd35ad2fa784332a02f8eac7989b914290fccfa9164ea39de92fd2c96b804eeadd6d0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 500 nouVanaf R2 450 per nag (plek vir 4) 39 5 1 5 3584 Patrys Avenue Marloth Park 2268 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.34615 31.80937