Florin's Crest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Franschhoek, die Franse deel van die Kaap, is een van die wêreld se mooiste wynvalleie en is slegs sowat 45 minute vanaf Kaapstad en 'n halfuur se ry vanaf Stellenbosch, Paarl, Wellington en Somerset-Wes se wynroetes. Dié tradisioneel Franse dorpie is ook bekend as die kos- en wynhoofstad van die land.

Dié nuut opgeknapte huis, Florin’s Crest bied 3 en suite-slaapkamers. Daar is 2 slaapkamers elkeen met 'n koningingrootte-bed en die derde het 2 enkelbeddens. Elke kamer het individuele lugversorging en verwarmingseenhede. Die hoofslaapkamer het 'n privaat ingeslote patio met 'n tafel en stoele.

Die hoofslaapkamer het 'n balkon met beeldskone uitsigte oor die berge. Dieselfde uitsigte kan vanuit deur die groot vensters in die eetkamer geniet word. Die oopplan-leefarea en -kombuis het beeldskone vensters met 360°-uitsigte oor die berge.

Daar is 'n swembad in die tuin wat rus en stilte bied, omring deur kunswerke en sonstoele. Die verhitte swembad kan regdeur die jaar benut word. Groot skuifdeure in die swembad-area lei na 'n tropiese tuin met 'n braai-area en pizza-oond en bied 'n wonderlike onthaalplek.

Florin's Crest is goed geleë, in 'n stil straat in die dorp, maar steeds stapafstand van al die geriewe soos die bekroonde fynproewersrestaurante. Franschhoek is 'n beeldskone stil en rustige omgewing, ideaal vir die hele gesin.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Florin's Crest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 200 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false