Boksburg Noord Akkommodasie by Fly Inn Lodge & Guest House | LekkeSlaap
+12

Fly Inn Lodge & Guest House

1 resensie
Gastehuis
  • Kapasiteit: 58 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eerstestraat 52, Boksburg-Noord, Boksburg, 1459, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R840 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Fly Inn Lodge & Guest House is in Boksburg geleë en is net 11 km van O.R. Tambo Internasionale Lughawe af. Dit maak dit die ideale bestemming vir 'n sakereisiger of internasionale reisiger om oor te slaap na 'n lang vlug.

Al die kamers is smaakvol ingerig en het lugversorging, DStv, gratis WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe en en suite-badkamers.

Van die kamers het selfsorgfasiliteite soos 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en kombuisgereedskap.

Ontbyt is elke oggend tussen 06:00 en 10:00 beskikbaar. Middagete is teen ekstra koste beskikbaar, mits dit vooraf gereël word. Daar is 'n klein kroegarea met 'n verskeidenheid drankies te koop. Wasgoeddienste is ook beskikbaar.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en ons het 'n 24 uur-sekuriteitswag.

Doendinge sluit 'n swembad op die perseel, 'n pooltafel en 'n platskerm-TV in die vermaakarea in.

Fly Inn Lodge is net 10 minute van 'n casino en gholfbaan af geleë. Vervoer na die East Rand Mall-winkelsentrum en omliggende areas kan teen 'n mededingende tarief gereël word. Daaglikse toere wat uitstappies na Soweto, Johannesburg, Sun City, die Apartheid Museum, Gold Reef City en ander bestemmings insluit, kan ook gereël word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Kantoorgeriewe
  • Sekretariële Geriewe
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express

Opsomming van Resensie

1.4 uit 5van 1 resensie vir Fly Inn Lodge & Guest House
Netheid
2.0/5
Diens
1.0/5
Ligging
1.0/5
Veiligheid
1.0/5
Waarde vir geld
2.0/5

Ligging

  • Eerstestraat 52, Boksburg-Noord, Boksburg, 1459, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R840
per nag (plek vir 2)
Vanaf R840
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 58 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eerstestraat 52, Boksburg-Noord, Boksburg, 1459, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgxYmRhMDgzLTBhNjUtNGZjYi04ZWFjLWE1Zjc0MmIwZTA0Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R840  per nag (plek vir 2) 1 5 1 2 52 First Street Boksburg Noord 1459 Gauteng 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -26.20771 28.255796
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za