Fonteintjie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fonteintjie is in die Bo-Langkloof in die De Vlugt-vallei geleë en bied gaste verblyf in selfsorg-eenhede aan.

Gaste kan enige van die 5 huise bespreek: Eenboom, 90 Grade, Skewes en Kliphuis wat elkeen slaapplek vir 4 gaste het en Uitsig wat slaapplek vir 6 gaste het. Die huise het elkeen tussen 1 en 3 slaapkamers met dubbelbeddens en enkelbeddens, en 'n paar van die eenhede het slaapbanke in die sitkamer. Elkeen van die eenhede het 'n privaat badkamer met 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien.

Elke huis het 'n kombuis wat met 'n stoof, oondjie, mikrogolfoond en 'n yskas toegerus is. Alhoewel die eenhede elektrisiteit het, het 'n paar van die eenhede gasstowe en -geisers. Die sitkamers beskik oor TV's met beperkte DStv en gaste is welkom om hulle dekodeerders en slimkaarte saam te bring. Braaigeriewe is by elkeen van die eenhede beskikbaar.

Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word. Let asb. daarop dat daar 'n grondpad is wat na Fonteintjie lei.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fonteintjie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za