Forest Apartment 12

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Forest Apartment 12 is 'n selfsorg-eenheid in die veilige Dunkirk Landgoed, ongeveer 2,8 km vanaf Salt Rock se strand en is die mees gesogte landgoed aan KwaZulu-Natal se Noordkus.

Dié woonstel het lugversorging en slaapplek vir 4 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 4 mense en die sitkamer het 'n gemaklike sitstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word voorsien. Die voor en agter leefarea het skuifdeure wat toegang bied tot 2 stoepe.

Dit is die ideale verblyf vir gesinne of sakereisigers. Daar is 'n streng geraasbeleid op die perseel en daarom word partytjies of luidrugtige groepe nie toegelaat nie. Gaste het volle toegang tot die landgoed se geriewe soos di klubhuis met 'n swembad, gimnasium, sauna, stoomkamer en restaurant net etlike meters vanaf die woonstelle. Daar is ook 'n tennisbaan en 'n swembadarea vir gesinne met jonger kinders.

By die strand is daar 'n klubhuis met aantrekkamers, binne- en buitestorte en toilette. Dit het ook 'n heerlike dek en braaigeriewe en is een van die lekker besienswaardighede vir gaste.

Slaapplek

'n Bespreking by Forest Apartment 12 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Forest Apartment 12 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false