Forest Apartment 7

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Forest Apartment 7 is 'n selfsorg-eenheid op die veilige Dunkirk Landgoed sowat 2,8 km van Salt Rock-strand af en is een van die mees gesogte landgoedere aan KwaZulu-Natal se Noordkus.

Die woonstel het lugversorging, slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat saamgeskuif kan word om 'n koninggrootte-bed te vorm en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, toaster, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Daar is gratis WiFi. Die voorste en agterste mure van die leefarea het vensters wat tot by die dak strek en op 2 stoepe oopmaak.

Dit is die perfekte plek vir gesinne of sakereisigers. Daar is 'n streng geraasbeleid op die landgoed, daarom word partytjies en raserige groepe nie toegelaat nie. Gaste het toegang tot al die geriewe op die landgoed waaronder 'n swembad by die klubhuis, 'n gimnasium, sauna, stoomkamer en 'n restaurant wat net 'n paar meter van die woonstelle af is. Daar is ook 'n tennisbaan en 'n swemarea vir gesinne met jonger kinders.

By die strand is daar 'n strandklubhuis met 'n aantrekkamer, binne- en buitestorte en toilette. Dit het 'n ongelooflike boonste dek en daar is braaigeriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by Forest Apartment 7 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Forest Apartment 7 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false