Forest Heart

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Forest Heart skuil teen die Outeniekwaberge en kyk uit oor die woud- en fynbosruigtes al langs die Rheenendalpad. Ons is net 15 km van Knysna se dorpskern af.

Verblyf word gebied in 'n tweeslaapkamer-houthuisie met slaapplek vir 3. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 'n driekwartbed het. Gehaltelinne word voorsien. Daar is 1 badkamer wat ingerig is met 'n stort, toilet en 'n wasbak, asook 'n gastetoilet.

Die houthuisie beskik oor 'n kombuis, sitarea en 'n eetarea. Die kombuis is goed toegerus met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met 2 stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 2 gaste, terwyl die sitarea gemaklike sitplek het. Die leefarea lei na 'n groot dek met ononderbroke uitsigte op die berge en oor die woud.

Die houthuis kan 6,7 km vanaf die N2 op die Rheenendal-weg gevind word. Aan die regterkant van die pad, verby die Lazy Leopard, is ’n groot denneboom met ’n wit hart op wat ons oprit aandui.

Bel ons asb. ’n uur voor aankoms. Inkloktyd is tussen 14:00 en 22:00.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Forest Heart gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false