Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Forest Hills Self-catering Cottages

  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rheenendal-weg, Forest Hills, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Forest Hills Self-catering Cottages is in Knysna en dis die ideale plek vir paartjies, gesinne en natuurliefhebbers wat wil ontspan. Die selfsorgverblyf is in 'n privaat, inheemse tuin en die grasperk lei na die natuurlike woud.

Verblyf word in 2 selfsorgkothuise, Taaibos en Forest View, aangebied. Taaibos-kothuis bied slaapplek aan 5 gaste en Forest View is 'n toevlugsoord vir paartjies. Taaibos-kothuis is 'n historiese grasdakrondawel wat uit 3 rondawels bestaan. Die kothuis is privaat en gerieflik en beskik oor 'n ten volle toegeruste kombuis, badkamer met 'n bad en stort, 'n sitkamer en 2 slaapkamers. Gaste kan op die groot dek braai en die lieflike uitsig oor die inheemse woud en op die Outenikwaberge in die verte geniet.

Sagewood Cottage is 'n ruim eenslaapkamersuite met 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n sitkamer, eetkamer en 'n ten volle toegeruste kombuis. Die kothuis het 'n groot stoep met 'n uitsig oor die woudvallei na die berge in die verte. Elke kothuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolfoond toegerus.

Daar is 'n swembad met 'n glyplank en 'n trampolien op die perseel. Paadjies lei vanaf die tuin na 'n kort sirkelroete om die eiendom, deur die woud en fynbos en verby 'n dam en 'n groot uitkykdek aan die rant van die woud. Gelukkige gaste mag dalk bosbokke, wildevarke, rooikatte, apies en bobbejane sien wat Forest Hills van tyd tot tyd besoek. Die Knysnaloerie word soms raakgesien soos hy verby die rant van die woud verbyvlieg en die visarend roep ook gereeld. Forest Hills is 'n voëlkykersparadys.

Forest Hills Self-catering Cottages is 16 km vanaf Knysna en 20 km vanaf Buffelsbaai. Daar is verskeie dagvoetslaanroetes, bergfietsroetes en piekniekplekke langs die rivier in die woud. Buffelsbaai het 'n lekker swemstrand en 'n ongerepte kuslyn.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 17 resensies vir Forest Hills Self-catering Cottages
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Rheenendal-weg, Forest Hills, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Forest Hills Self-catering Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rheenendal-weg, Forest Hills, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa0a56e8891d2ef819aed26c9287074709ec0269de70927b857cfdf7561afc554ecf8905447d0b99336367ca877103284dd6d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2) 17 5 1 5 Rheenendal Road Forest Hills 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.981066551981 22.968630159264