Opsomming van Resensie
Lydia D - Okt 2019
Gemiddeld
Gemaklik, sentraal met vriendelike diens, vriendelike personeel en baie netjies.
Forever Hotel @ Centurion's terugvoer
Goeie middag Lydia,
Baie dankie vir die wondelike terugvoering! Ons geniet dit baie om julle by ons pragtige hotel te akkommodeer. Ons sien uit na julle volgende kuier by ons!
Vriendelike groete,
Forever Hotel @ Centurion Bestuurspan
Thuanitha P - Okt 2019
Gemiddeld
Dis voorwaar 'n pragtige hotel.
Forever Hotel @ Centurion's terugvoer
Goeie middag Thuanita, baie dankie vir die wonderlike terugvoering oor julle ervaaring by ons pragtige hotel. Ons is bly dat julle van die kamers en die ontbyt gehou het. Ons lugversorging is so twee jaar terug nuut geinstaleer, die eenhede is baie sterk omdat dit elk op hulle eie eenheid loop. Ons het elke dag 'n bestuurder en nutsman aan diens wat ons gaste met enige probleme of navrae help. Ons sien uit daarna om u en u gesin weer terug te verwelkom by ons hotel!
Vriendelike Groete,
Forever Hotel @ Centurion Bestuurspan
Gerrie V - Jun 2019
Gemiddeld
Die restaurant was ‘n aangename verrassing!
Forever Hotel @ Centurion's terugvoer
Goeiemore Gerrie,
Baie dankie vir u terugvoer na u verblyf by ons pragtige hotel.
Ons is baie opgewonde omdat ons in die proses om al die matte in die hotel te vervang. Die matte in die kamers word met die mooiste houtvloere vervang en die matte in die gange word alles met nuwe matte vervang.
Ons sien uit daarna om u en u familie terug te verwelkom by ons hotel, sodat u die nuwe kamers ten volle kan geniet.
Groete,
Forever Hotel @ Centurion
Dave M - Feb 2018
Gemiddeld
Was baie gelukkig met ons verblyf.
Elsabe K - Jul 2016
Gemiddeld
Nagrus versteur deur tussendeur (inter leading) wat al die geluide laat deurkom.
Bricks V - Mei 2016
Gemiddeld
Baie goeie verblyf en was redelik tevrede.
Lees meerAbraham B - Sep 2015
Gemiddeld
Lekker, maar skoonmaakdienste kort aandag!
Forever Hotel @ Centurion's terugvoer
Hi Abraham,
Baie dankie vir u eerlike terugvoering, dit word opreg waardeer. Die terugvoering van ons gaste is die enigste werklike maatstaf as dit kom by die diens wat ons lewer. Ons is bewus daarvan dat die skoonmaak dienste aandag kort en verseker u dat daar aan hierdie saak gewerk word.
Ons is seker dat u 'n groot verskil sal kan beleef die volgende keer wat u ons pragtige hotel besoek.
Derick V - Feb 2015
Gemiddeld
Ons het een aand daar oorgeslaap.
Lees meerChristo C - Jul 2014
Gemiddeld
Baie goeie diens!
Hannes U - Jun 2014
Gemiddeld
Dit was baie lekker en rustig. Lekker geslaap!
- Kapasiteit: 48 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Hoek van Basden- & Rabie-straat, Centurion, Pretoria, 0046, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom