Forget-me-not

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Forget-Me-Not is ‘n dubbelverdiepinghuis wat onlangs opgeknap is in die stil en gewilde woonbuurt Klein Berlyn in Kleinmond. Dis 10 minute se stap of 5 minute se ry van die strand, restaurante, winkels en plaaslike doendinge af.

Dié huis het slaapplek vir 4 en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed en 'n driekwartbed, toilet, wasbak en ‘n balkon met ‘n uitsig oor die tuin, berge en ‘n stukkie van die see. Die tweede kamer is op die onderste verdieping en het ook ‘n dubbelbed. Die oopplan-leefarea sluit die kombuis, eetarea en sitarea in. Die kombuis is toegerus met ‘n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolf, ketel, broodrooster, strykyster, eetgerei en breekware. Die huis het 1 en ‘n halwe badkamer, asook ‘n stort met ‘n aparte ingang. Daar is nie handdoeke nie, gaste moet asb. hul eie saambring.

Daar is buitebraaigeriewe. Ons is aan die hoofdreineringstelsel gekoppel. WiFi-pakkette is teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Die eiendom is omhein en daar is parkeerplek onder ‘n afdak agter ‘n geslote hek. Hoewel die eienaar op die perseel in 'n woonstel woon, word gaste se privaatheid gewaarborg. Sagte musiek word in die huis toegelaat. Let asb. daarop dat die trappe geen veiligheidshek het nie. Geen troeteldiere of dagbesoekers word toegelaat nie.

Doendinge sluit die strand, perdry, walviskyk, staproetes in natuurreservate, riviervlotvaart, ‘n rit teen die pragtige kus en heerlike restaurante in.

Minimum 3 nagte oor langnaweke, 7 nagte oor Desemberskoolvakansie en 2 nagte oor naweke.

Slaapplek

'n Bespreking by Forget-me-not sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Forget-me-not gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false