- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Visriviermond, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
- Geen kinders onder 12
- Vanaf R1 790 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Fort D'Acre Reserve is 'n eksklusiewe, privaat wildreservaat by die Groot-Visriviermonding, sowat 25 km van Port Alfred af. Die unieke ligging, met 'n uitsig oor die bos en kuslyn, nooi besoekers uit om die kontrasterende natuurskoon van grasveldbosveld, 'n wilde kuslyn en rivierwoud te verken. Wildritte in die reservaat gee gaste die kans om 19 verskillende wildspesies te sien, insluitend Kaapse buffel en kameelperde.
Die stylvolle safari-lodge met sy grasdak is elegant gemeubileer en bestaan uit 4 en suite-slaapkamers wat elk slaapplek aan 2 gaste bied.
Gaste kan die gemeenskalplike swembad geniet of in die pragtige, inheemse tuin met sy koraalbome ontspan. Die etensarea het 'n houtvuurkaggel en 'n gesellige atmosfeer waar gaste hulle aande kan deurbring.
Onder op die strand is daar 'n lapa waar gaste op die sonstoele kan ontspan of lekker braai terwyl hulle die verbygaande walvisse en dolfyne dophou.
Fort D'Acre Reserve spog ook met 'n trou-venue wat voorsiening kan maak vir tot 200 gaste in 'n opgeknapte skuur met 'n rustieke plaasgevoel.
Die klimaat is subtropies, met 'n gemiddelde wintertemperatuur van tot 21ºC en 'n gemiddelde somertemperatuur van tot 28 ºC, met wind wat gereeld tussen suidwes en suidoos wissel. Die Oos-Kaap is 'n malaria-vrye gebied, maar mediese hulp is egter net 'n telefoonoproep ver.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Wildritte
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Visriviermond, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
- Gaste dink Fort D' Acre Reserve het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Gibraltar Rock Cacadu-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Visriviermond, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
- Geen kinders onder 12