Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fossil Farm BnB

Gastehuis
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fossil Farm, R22, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Fossil Farm Guest House skuil tussen antieke kremetartbome en pragtige broodbome, en is vernoem na die oorvloed fossiele wat in Hluhluwe en die Valsbaai-omgewing gevind is. Die gastehuis is 19 km buite die dorpie Hluhluwe, en is ideaal as 'n oornagplek op pad na of van Mosambiek, of 'n basis vanwaar die area, wildreservate, Indiese Oseaan en Valsbaai-park verken kan word.

Gerieflike verblyf word gebied in 2 gastekamers met en suite-badkamers en 'n tuinkothuis. Die kamers het 'n sluitbare deur tussen, wat ideaal is vir vriende of gesinne wat saam reis. Die eerste kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n driekwartbed en die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed. Elke kamer maak oop op 'n privaat stoep en is met 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en badhanddoeke toegerus. Daar is lugversorgers en waaiers beskikbaar. Daar is vrugte, jogurt, 'n muffin en sap in die yskas.

Gaste in die kamers het toegang tot gemeenskaplike braaigeriewe en braaitoebehore.

Die tuinkothuis is in die skadu van 'n kremetartboom en bied slaapplek aan 6 gaste in 3 slaapkamers. Daar is 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens in elk. Twee van die slaapkamers het en suite-badkamers, en die derde slaapkamer het toegang tot 'n aparte badkamer. Die kothuis beskik oor 'n kombuisie, sitkamer en eetarea, en is met 'n yskas, tweeplaatstoof, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is braaigeriewe op die stoep beskikbaar. Die kothuis het 'n privaat ingang, parkeerplek en 'n toesluitbare fietsloods indien nodig.

Fossil Farm is die tuiste van vriendelike honde wat jou met aankoms sal verwelkom. Die eiendom is 'n ideale plek vir voëlkykers, boomliefhebbers en natuurliefhebbers, en is op die Rhino Trails-bergfietsfietsroete geleë. Die plaas is langs die teerpad met 2 restaurante naby.

Die omliggende area is ideaal vir vissermanne en diegene wat graag stap, hardloop en fietsry.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Fossil Farm BnB
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Fossil Farm, R22, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Fossil Farm BnB het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fossil Farm, R22, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa31ea7399fd46487808d2fc5b5599c555f6d9f1f5ec18d813986a14d5e12a356575896cf3d1e9c0adbcebf3456c38d4de3c4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 1 5 1 5 Fossil Farm R22 3960 KwaZulu-Natal 021 201 8901 12:00-18:00 10:00 -27.9146031 32.3517584