Montagu Akkommodasie by Four Oaks Guesthouse | LekkeSlaap
+40

Four Oaks Guesthouse

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langstraat 46, Montagu, 7405, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Four Oaks Guesthouse skuil in 'n historiese monument in die hartjie van die pragtige Montagu wat op die beroemde Roete 62 geleë is.

Dié gastehuis het 4 en suite-kamers wat elk lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, verwarmers en gratis WiFi het. Die kamers is almal om 'n pragtige binnehof gerangskik in die skadu van twee 100-jaar oue peerbome en het privaat ingange van die binnehof af. Gaste het toegang tot 'n privaat, afgeleë tuin met 'n swembad. Dit is die ideale plek om te ontspan na 'n lang dag of net die uitsig op die omliggende berge te bewonder.

Die restaurant op die perseel sit ligte middagetes en a la carte-etes voor, hetsy in die binnehof of voor die kaggel in die gesellige restaurant. Die karaktervolle kroeg is 'n lekker kuierplekkie waar 'n drankie voor of na ete geniet kan word, of gaste kan van die omgewing se beste port en muskadel proe. Die wynlys koester plaaslike wynkunswerke wat aan die behoeftes van uitgelese wynkenners sal voldoen.

Montagu is 'n geskiedkundige dorpie in 'n pragtige wyn- en vrugtevallei en word omring deur prentjiemooi bergreekse. Die dorp het natuurlike warmwaterbronne wat toeriste die perfekte geleentheid bied om die genesende aard van die waterbron te ervaar en is daagliks tot laat oop. Montagu bied prettige buitemuurse doendinge soos 4x4-trekkerritte, bergklim, rotsklim, vierwielmotorfietsry, staproetes, spa-behandelings en soveel meer. Die omgewing het 52 wynplase en die omliggende dorpies soos Barrydale, McGregor en Bonnievale is die ideale bestemmings vir daguitstappies. Montagu is 'n ware skat en het uitstekende restaurante, wynkroeë en aktiwiteite en weerspieël die ware Karoo-leefstyl van lekker kos en lekker wyn.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Wynproe
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 46 resensies vir Four Oaks Guesthouse
Netheid
4.6/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Langstraat 46, Montagu, 7405, Wes-Kaap
  • Gaste dink Four Oaks Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Montagu Boland Wes-Kaap
Vanaf R1 200
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 200
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langstraat 46, Montagu, 7405, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9nXGsqOzprQMCmUqknynbHuOGVGGsKewHI6rqsZxqW716NpQSD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (vir 2 persone) 46 5 1 5 46 Long Street Montagu 7405 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -33.789210328112 20.121634304524
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za