Franschhoek Akkommodasie by Franschhoek Farm Cottages | LekkeSlaap
+37

Franschhoek Farm Cottages

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Excelsiorweg, Bourgogne, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 350 R1 080 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Franschhoek Farm Cottages bied selfsorgverblyf op 'n pragtige plaas net 1 km buite Franschhoek. Die landskappe van Franschhoek word met berge en wingerde omring en dié bekoorlike dorpie staan veral bekend vir sy fynproewers kos en wyn.

Verblyf word in 4 kothuise gebied wat toegang het tot lieflike tuine en 'n plonspoel. Daar is 3 eenhede, die African Delight, Ruby Sun en Sunkiss Cottages, langs mekaar met slaapplek vir 4. Dit word aanbeveel vir gesinne en nie noodwendig vir 4 volwasse persone nie. Die kothuise het hul eie privaat tuin en plonspoel. Dit beskik oor lieflike braaigeriewe en bied 'n uitsig op die pruimboorde, berge en sonsondergang.

Die Songold Cottage het slaapplek vir 2 gaste. Songold het toegang tot 'n swembad. Daar is ook 'n binnebraai wat in die winter as 'n kaggel kan dien. Die Songold Cottage het 'n pragtige badkamer met 'n groot stort. Die dekor is neutraal en aards met 'n tikkie koper. Die kothhuis het ook volledige DStv.

Die plaasdam is naby en bied asemrowende uitsigte. Daar is 'n wynproelokaal en heerlike deli stapafstand vanaf die kothuise. Perfek vir 'n heerlike plaaskuier waarna almal sommer kan huis toe stap.

Doendinge in die area sluit perdry, bergfietsry, wynproe, fietsry, visvang, voetslaan en fynproewers-restaurante in.
Kom geniet egte Bolandse gasvryheid hier op die plaas.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 11 resensies vir Franschhoek Farm Cottages
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Excelsiorweg, Bourgogne, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Gaste dink Franschhoek Farm Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 350
Vanaf R1 080
per nag (vir 2 persone)
was R1 350
Vanaf R1 080
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Excelsiorweg, Bourgogne, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfN80BqRHQjgJWaVI2UbmMjXkVQgaKNZ963wbrDK50wZ93CHN7E?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 350, nou Vanaf R1 080  per nag (vir 2 persone) 11 5 1 5 Excelsior Road Bourgogne 7690 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -33.923478281382 19.121264219284
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za