Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Frost House

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Geen kinders onder 13
  • Vanaf R2 000 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Frost House is een van die oudste geboue in Clarens en dateer uit ongeveer 1920. Die huis is sorgsaam deur die huidige eienaars gerestoureer en is in Kerkstraat naby die dorpsmeent oorkant die polisiestasie. Dis stapafstand vanaf restaurante, kroeë, kunsgalerye en 'n supermark.

Die huis het 2 slaapkamers, elk met 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed met gehaltelinne. Daar is 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea, asook 'n Godin-houtstofie wat die huis lekker warm maak in die winter. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, yskassie met 'n vrieshokkie, en 'n skottelgoedwasser.

Verder het die huis 'n TV met DStv, asook ingeboude braaigeriewe, braaigereedskap en 'n kuierstoep met 'n pragtige uitsig op die berge daar naby. Parkeerplek is beskikbaar onder 'n motorafdak en daar is ruimte in die oprit vir 'n tweede voertuig.

Frost House was destyds 'n eenvoudige huis wat uit gegote sandsteen gebou is. Dit is later onder toesig van die argitek Jaap Boonstra gerestoureer om dit by 'n moderne, ontspanne leefstyl aan te pas, maar tog ook die historiese karakter te behou. Die voorste fasade lyk dieselfde as bykans 100 jaar gelede. Die tuin is pragtig uitgelê met hoofsaaklik inheemse plante en veldgrasse eie aan die Oos-Vrystaatse Hooglande en lok talle wildlewe en voëls.

Slaapplek

’n Bespreking by Frost House sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 25 resensies vir Frost House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Kerkstraat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Frost House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Geen kinders onder 13
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABb32KwvKVJAZXL4k35sH48zyYoHmyxfPe4eWzHrePWUmeqeubk?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag, vir 4 mense 25 5 1 5 Church Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.514985369115 28.419314837959