Fuchsia Fantasy HL221

Voeg by Gunstelinge

 

Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die tabel hierbo, hef die blyplek ook 'n eenmalige R500-administrasiefooi per bespreking.
Die volgende word by die tariewe ingesluit:
Fuchsia Fantasy HL221
Selfsorg
Belasting en Ekstras
Let asb. dat daar 'n eenmalige administrasiefooi van R500 word gehef.
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito gelykstaande aan 1 nag se verblyftarief is betaalbaar.

Let asseblief daarop dat die sleutels nie oorhandig sal word tensy die volledige betaling ontvang is nie.
Rook is verbode. Toiletpapier, opwasmiddel en swartsakke word met aankoms voorsien.
Linne word voorsien, tensy anders vermeld. Bring asseblief jou eie swem- en strandhanddoeke saam.
Fuchsia Fantasy HL221 aanvaar ongelukkig nie tjeks nie.
Sleutels moet by Ballito.net se hoofkantoor afgehaal word. Hier sal jy aanwysings na jou akkommodasie ontvang.
Ballito.net behou die reg voor om die akkommodasie met soortgelyke akkommodasie te vervang indien die bespreekte eenheid om welke rede ook al nie beskikbaar is nie.
Ballito.net laat nie studentebesprekings vir gaste onder die ouderdom van 25 sonder toesig toe nie. Ballito.net behou die reg voor om enige student weg te wys wat nie deur 'n verantwoordelike volwassene vergesel word nie.
Die maksimum aantal mense wat die eenheid beset mag nie die aantal beddens oorskry nie. 10% van die tarief per nag sal bygevoeg word per ekstra gas, maar is slegs toelaatbaar indien dit vooraf gereël word. Indien dit nie vooraf so gereël word nie, sal die huurders in die geval van oorbesetting uitgesit word en alle gelde wat betaal is, sal verbeur word.

Simbithi hef 'n eenmalige fooi van R200 vir vingerafdruk-toegang. Dit sluit die eerste vingerafdruk in. Alle afdrukke daarna sal R70 per afdruk wees. Maksimum 4 afdrukke per bespreking. Dit is met aankoms betaalbaar aan Ballito.net of dit word van jou breekskadedeposito afgetrek.
Kansellasiebeleid: Pasgemaak
In die geval van 'n kansellasie sal Ballito.net 'n plaasvervangerbespreking probeer vind. Indien ons 'n plaasvervangerbespreking vind, sal daar slegs 'n R550-administrasiefooi gehef word.
As die eenheid egter nie herverhuur kan word nie, sal die normale kansellasiefooie geld:
Buiteseisoen: Indien die bespreking 14 dae voor die inklokdatum gekanselleer word, sal 'n 50%-kansellasiefooi op die volle waarde van die akkommodasie gehef word en dit is betaalbaar aan Ballito.net. Indien die bespreking 7 dae voor die inklokdatum gekanselleer word, is 'n 100%-kansellasiefooi aan Ballito.net betaalbaar.
Mid-seisoen/Hoogseisoen: Indien die bespreking 60 dae voor die inklokdatum gekanselleer word, sal 'n 50%-kansellasiefooi op die volle waarde van die akkommodasie gehef word en dit is betaalbaar aan Ballito.net. Indien die bespreking 30 dae voor die inklokdatum gekanselleer word, is 'n 100%-kansellasiefooi aan Ballito.net betaalbaar.

Gaste wat na Fuchsia Fantasy HL221 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R7 340 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za