Fynbos - Self-catering Maisonette

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Fynbos - Self-catering Maisonette is 'n ruim meenthuis wat smaakvol ingerig is in 'n sekuriteitskompleks in Vermont, Hermanus. Die huis bied gerieflike selfsorgverblyf en is ideaal vir paartjies of gesinne met ouer kinders. Kleiner kinders en kleuters is welkom, maar gaste moet asb. daarop let daar trappe sonder ’n hek is. ’n Bababedjie is beskikbaar.

Dié eenheid het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Op die onderste verdieping is daar 'n ingangsportaal, 2 ruim slaapkamers en 'n volledige badkamer. Die slaapkamers het skuifdeure wat toegang tot die privaat tuin met 'n vuurput bied.

Die boonste verdieping beskik oor 'n ruim oopplan-sitkamer en -eetkamer met 'n hoë plafon. Die oopplan-sitkamer en -eetkamer bied toegang tot 'n onderdakstoep met ingeboude braaigeriewe en 'n lieflike uitsig op die berge. Die moderne kombuis is toegerus met 'n oond, gasstoof, yskas-vrieskas, rooster-mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser. Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping en het 'n en-suite badkamer en 'n klein patio waar gaste 'n gedeeltelike uitsig op die berge kan geniet.

Die woonstel het ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die outomatiese enkelmotorhuis bied direkte toegang tot die huis en daar is parkeerplek vir 'n tweede voertuig.

Die woonstel is stapafstand vanaf die soutpan en ook sowat 900 m vanaf die strand. Doendinge in die area sluit walviskyk, wynproe, gholf, branderplankry, staanplankry (SUP), see-kajakvaart, skubaduik, snorkel, inkopies doen, bergfietsry, voetslaan, haakhokduik, perdry en voëlkyk in.

Slaapplek

'n Bespreking by Fynbos - Self-catering Maisonette sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbedjie

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fynbos - Self-catering Maisonette gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 R1 710 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za