Fynbos Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Blits-aanbod! 30 % af

Kry 30% af vir verblyf voor 11 Januarie 2020

TYD OOR OM TE BESPREEK

Dae

Ure

Min

Sek

Beskrywing

Fynbos Guest Farm is op 'n 64 ha-plaas met landbougrond, fynbos en renosterveld. Die plaas is in die skilderagtige Witzenbergvallei, 2,5 km vanaf die klein dorpie Wolseley, 11 km vanaf Tulbagh en 13,5 km vanaf Ceres geleë.

Die gasteplaas bied 3 selfsorg-kothuise, 2 plaashuis-kamers, 10 privaat kampeer- en karavaanstaanplekke, en 'n gemeubileerde tent. Elke kothuis is het linne, badhanddoeke, 'n kaggel en 'n buitebraai-area. Elke kothuis het 'n badkamer, 'n sitarea en 'n kombuis vir selfsorg.

Die 2 plaashuis-kamers is in die plaashuis. Elke kamer is gerieflik gemeubileer, het 'n buitedeur en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Let daarop dat die eienaars ook in die plaashuis woon en dat gaste wat die verblyf bespreek nie die eksklusiewe gebruik van die huis het nie.

Al die kampplekke is relatief privaat en tussen die fynbos geleë. Gaste by die kampeerterrein het toegang tot ablusiegeriewe wat daagliks skoongemaak word. Daar is elektriese punte en braai-areas. Daar is geen water by die kampplekke nie, maar water kan naby die ablusieblok gekry word. Daar is 'n yskassie vir almal om te gebruik.

Die gemeubileerde tent is gereed en opgeslaan vir wanneer gaste aankom. Dié tent het opslaanbeddens, matrasse, beddegoed en kussings, sytafels en 'n klein draagbare kas, 'n lamp, 'n ketel, basiese breekware en eetgerei, basiese kookgerei en 'n klein tafel en stoele vir buitegebruik.

Die gasteplaas bied 2 plonspoele. Dit is 'n werkende plaas en daar is 'n spoedbeperking van 15 km per uur vir die veiligheid van gaste, kinders, honde, voëls en ander diere op die plaas. Die plaas het 'n geen geraas-beleid. Fynbos Guest Farm is 'n toevlugsoord vir diere, wat wissel van groot tot klein, diere met vere tot diere met 'n pels, en gaste is welkom om met hulle in verbinding te tree en die diere te voer. Gaste word gevra om die diere op die plaas te respekteer.

Doendinge in die omgewing sluit perdry, stap, visvang, spa-behandelings in Tulbagh, wynproe en zip-line in Ceres in.

Fynbos Guest Farm het sy eie restaurant, Bully & Koos, op die plaas wat net 10 minute se stap of 3 minute se ry van die kothuise en kampeerplek af is. Dit is daagliks, behalwe Maandae, vanaf 09:00 oop. Aandete word Dinsdae, Woensdae, Vrydae en Saterdae bedien. Bespreek liefs vooraf.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fynbos Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R320 R224 per nag (vir 2 mense)

Kry 30% af vir verblyf voor 11 Januarie 2020

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za