Fynbos Yzerfontein

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fynbos Yzerfontein bied selfsorgverblyf aan 10 gaste. Die dubbelverdieping-vakansiehuis is op 'n 10 hektaar-landgoed, 6 km vanaf Yzerfontein, geleë.

Die huis is ten volle gemeubileer en beskik oor 5 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede, derde en vierde slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamers het elkeen 'n stort of 'n bad. Die kombuis is volledig toegerus om maaltye voor te berei.

Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 10 gaste en die sitkamer langsaan het 'n kaggel. Die leefarea bied toegang tot 'n onderdakstoep met stoepmeubels en braaigeriewe. Veilige onderdakparkeerplek is vir 2 voertuie op die perseel beskikbaar.

Die landgoed bied 'n verskeidenheid fauna en flora en klein bokkies, skilpaaie en ander diere loop vrylik daar rond.

Slaapplek

'n Bespreking by Fynbos Yzerfontein sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

KaartMeer oor die omgewing 

Gaste wat na Fynbos Yzerfontein gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R9 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za