Raslouw Akkommodasie by Ga-Lali Gastehuis | LekkeSlaap
+17

Ga-Lali Gastehuis

4 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lochner-weg 253, Raslouw Estate, Centurion, 0157, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R780 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Ons 3-ster-gastehuis is 'n oorspronklike plaashuis op 'n veilige landgoed, omring deur 'n inheemse tuin. Dit is gerieflik halfpad tussen Johannesburg en Pretoria geleë. Die huis is 'n plattelandse herehuis wat in 'n Spaanse styl getooi is. Die werf is reusagtig met baie bome en 'n klein boord neutebome. Hier sal jy so tuis soos by jou eie huis voel!

Die kamers is smaakvol opgeknap. Die hoofslaapkamer het 2 dubbelbeddens. Daar is 2 slaapkamers met driekwartbeddens en 2 ander met dubbelbeddens. Die atmosfeer is luuks, stil en ontspanne. Dit is 'n ideale oornagplek tydens jou sakereis in Pretoria of Johannesburg.

Dié gastehuis het 'n mooi agterstoep wat toegang bied tot die grasperk met 'n swembad en bome. Die kamers het elkeen 'n luukse en suite-stort, 'n dubbelbed met katoenlinne, 'n TV met sekere DStv-kanale, en 'n pragtige badkamer met 'n verhitte handdoekreling.

Die hoofslaapkamer het slaapplek vir 'n gesin. Die ander 2 slaapkamers het Franse deure wat na buite lei en 'n middeldeur tussenin vir 'n gesin. Die eetkamer lei na die mini-konferensiefasiliteit en die ruim kombuis vorm 'n lekker kuierarea saam met die ontvangsarea.

Ga-Lali is op 'n lowerryke landgoed in Centurion, Raslouw geleë. Dit is uit die stadsgewoel maar tog net 5 minute se ry vanaf Raslouw en The Reeds-winkelentrum. Dis net 10 minute se ry vanaf Centurion se winkelsentrum. Daar is tientalle ander winkelsentrums wat net enkele minute se ry weg is, soos Menlyn, Brooklyn, en Sandton en Johannesburg se sakekerns.

Die eiendom het 'n elektriese heining en 24 uur-sekuriteit.

Hier sal jy rustig en gemaklik kan bly.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 4 resensies vir Ga-Lali Gastehuis
Netheid
4.3/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Lochner-weg 253, Raslouw Estate, Centurion, 0157, Gauteng
  • Gaste dink Ga-Lali Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R780
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R780
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lochner-weg 253, Raslouw Estate, Centurion, 0157, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAyNzdmZWE4LWM3ODgtNDFhMy1hZjA5LTE2MGRkZjI4NDBkZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R780  per nag (vir 2 persone) 4 5 1 5 253 Lochner Road Raslouw Estate 0157 Gauteng 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -25.850563 28.129226
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za