Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gable Manor

Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Malherbestraat 4, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 13
  • Vanaf R2 780 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Franschhoek, in die asemrowende vallei in die Kaapse-wynlande, is die tuiste van menige toonaangewende sjefs in Suid-Afrika en staan dus ook bekend as die "Fynproewershoofstad".

Die omgewing se wingerde word deur majestueuse berge omring en lewer van ons land se beste wynsoorte. Die bekoorlike hoofstraat is lekker bedrywig met sy ouderwetse winkels, kleurvolle galerye, straatkafees en restaurante.

Franschhoek is net 70 km vanaf Kaapstad, die ideale basis vanwaar jy die Moederstad, die seisoenale Walvisroete en Roete 62 (na bewering die wêreld se langste wynroete) kan verken.

Gable Manor bied uitstekende verblyf wat gemak, elegansie en rustigheid kombineer en is stapafstand vanaf die middedorp.

Ons ontvangsarea het heerlike, gemaklike sitplek waar gaste met 'n glasie sjerrie of port van ons WiFi of uitgebreide leesstof gebruik kan maak. Daar is selfs 'n knetterende kaggelvuurtjie vir koue winteraande.

Ons bied verblyf in 4 slaapkamers en 2 elegante suites. Die 4 slaapkamers is elk uniek versier en beskik oor 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Die 2 suites het elk 'n ekstra lang koninggrootte-bed en sy eie sitkamer.
Al die kamers het spierwit perkallinne, satelliet-TV, lugversorging, verhitte handdoekrelings, koffie- en teemaakgeriewe, 'n kluis en 'n haardroër.

Die beskutte sentrale binnehof bied 'n rustige tuin met 'n sprankelende swembad. Die voorkamer by die swembad beskik oor 'n eerlikheidskroeg en stortgeriewe.

Ons ontbytarea bied 'n uitsig oor die swembad en die majestueuse Franschhoekberge. Hierdie heerlike eetkamer is alombekend vir sy dekadente ontbyt. Vir warm somerdae is daar konsertinadeure wat na buite lei en tydens koue winterdae kan gaste by die heerlike kaggelvuurtjie onstpan.

Gashere Marlyn en Don staan altyd gereed om jou te hulp te snel, soos om restaurante of wynproesessies vir jou te bespreek of plaaslike aktiwiteite aan te beveel wat in elkeen se smaak sal val.

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 3 resensies vir Gable Manor
Netheid
4.7/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Malherbestraat 4, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Gaste dink Gable Manor het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 780
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 780
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Malherbestraat 4, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 13
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNlYTNiNDhjLTU5ODMtNGQ3Zi1hMmMxLWVlYTMzMGUyOTMwYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 780 per nag, vir 2 mense 3 5 1 5 4 Malherbe Street Franschhoek 7690 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-18:00 11:00 -33.903315929242 19.1190969944