Gabriel's Rest

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 31 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Gabriel's Rest is 'n Kaaps-Hollandse huis wat in die bekoorlike dorpie, Rawsonville in die Breederiviervallei geleë is.

Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste in 4 kamers wat elkeen 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens het. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens wat ook in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Dié 2 kamers deel 'n badkamer. Die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Hierdie kamer het 'n kombuisie.

Daar is ook nog 'n aparte eenheid met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Hierdie eenheid het 'n mikrogolf, yskas en 'n wasbak.

Daar is 'n gemeenskaplike sitkamer met 'n kaggel en die huis word omring met 'n stoep wat sitareas het. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Nabygeleë besienswaardighede sluit die Breedekloof-wynroete, Tweede Tol, Bainskloofpas en die Karoo Nasionale Botaniese Tuin in.

Kenmerke

  •  Afrikaans

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Forelhengel
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gabriel's Rest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R660 R594 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 31 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za