GailForce Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

GailForce Cottage is 'n lig, helder en moderne solderkothuis met sy eie privaat ingang in 'n rustige buitewyk van Bergvliet. Die kothuis is naby verskeie winkels en restaurante geleë en is die ideale basis vanwaar gaste Kaapstad en die omliggende omgewing kan verken.

Die kothuis het slaapplek vir 2 gaste. Die slaapkamer is op die boonste verdieping en beskik oor 'n koninggrootte-bed wat met vars linne opgemaak is.

Onder is daar 'n oopplan-kombuisie, -eetarea en -sitkamer en 'n badkamer. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuisie is toegerus met 'n mikrogolfoond, ketel en yskassie. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 4 en 'n klankstelsel. In die sitkamer is daar 'n rusbank, 'n platskerm-TV en 'n gasverwarmer.

Buite is daar 'n fantastiese en privaat onderdakarea met 'n rusbank en 'n piekniektafel met bankies. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Gaste kan gerus van die swembad op die perseel gebruik maak. 'n Wasgoeddiens is op versoek beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by GailForce Cottage sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na GailForce Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za