Gamka Olives Farm Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Gamka Olives Farm Accommodation is gerieflik in die klein dorpie Leeu-Gamka geleë wat weerskante van die spoorweg en die N1 tussen Laingsburg en Beaufort-Wes is.

Kalamata Cottage 'n selfsorgkothuis teen die olyfboord met 2 slaapkamers en 1 badkamer met 'n bad en stort. Die kombuis is ideaal vir selfsorg en het 'n yskas, mikrogolfoond en braaigeriewe. Die sitkamer het 'n TV met SABC-kanale. Die kothuis is troeteldiervriendelik.

Frantoio Garden Room is 'n selfsorg-eenheid met 1 slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n oopplan-leefarea met 2 stapelbeddens en 'n badkamer met 'n stort. Die eenheid is aan die hoofhuis gekoppel en het 'n aparte ingang. Daar is lugversorging, maar geen TV nie. Jy kan in die sterrehemel instaar en die miljoene flikkerende sterre bewonder waarvoor die Karoo so bekend is. Braaigeriewe is beskikbaar.

Geen kredietkaartgeriewe is beskikbaar nie.

Die laaste Kaapse leeu is in 1857 in Leeu-Gamka doodgeskiet en dié spesie is gevolglik uitgesterf. Soldaat Schultz, wat glo die langste man in die Britse weermag was, is hier dood weens wonde wat hy gedurende die Anglo-Boereoorlog hier opgedoen het.

Dit is die ideale oornagplek vir gesinne en individue. Kom beleef egte Karoo-gasvryheid in 'n veilige en gasvrye omgewing.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gamka Olives Farm Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R580 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za