LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Garden Apartment | LekkeSlaap
+38

Garden Apartment

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokstraat 13, Northcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Garden Apartment is 'n troeteldiervriendelike selfsorg-duplekswoonstel op die eienaar se perseel in Northcliff, Hermanus. Die eiendom is ideaal geleë naby die winkels, restaurante, kroeë en gewilde walviskykplekke in die omgewing.

Dié aparte woonstel is ten volle gemeubileer en het 'n privaat ingang en 2 verdiepings. Die slaapkamer is bo op die mezzanine-verdieping en dit het 'n koningingrootte-bed. Onder is 'n oopplan-leefarea en -kombuis met 'n oond, stoof, yskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, potte en panne. Die onderste badkamer en aantrekkamer is privaat van die leefarea en dit het 'n stort, wasbak en toilet. Seep en toiletpapier word voorsien.

Die oopplan-area het 'n etenstafel en 2 stoele, 'n rusbank met sitplek vir 2, stoel en 'n platskerm-TV met DStv. WiFi word ook voorsien.

Stoepdeure aan die agterkant van die woonstel bied toegang tot die ommuurde privaat tuin en 'n onderdakstoep met 'n piekniekbankie met sitplek vir 6 en 'n klein braai.

Veilige parkeerplek is voor die woonstel beskikbaar agter elektriese hekke. Daar is 'n kluisie in die aantrekkamer se hangkas en die woonstel het 'n alarmstelsel.

Garden Apartment is naby die gewilde kranspaadjies, 3 km vanaf Hermanus Gholfklub en 7,6 km vanaf Grotto-strand.

Die woonstel is 80 m² groot en die privaat, ommuurde tuin is sowat 50 m² groot.

Slaapplek

’n Bespreking by Garden Apartment sluit in:

Koningingrootte-bed Kinderbedjie
Slaapkamer
Plek vir 3 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKinderbedjie

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 23 resensies vir Garden Apartment
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Steenbokstraat 13, Northcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Garden Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokstraat 13, Northcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6d042a32a5dd25b910479d7221236cbe2c8c4c3468cc0893a050d8d03a4aca82db44977f45cadf0ef15794269ac5f38f1204?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (plek vir 2) 23 5 1 5 13 Steenbok Street Northcliff 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -34.41461 19.2354
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!