LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Garden Apartment on Rondebosch Common | LekkeSlaap
+27

Garden Apartment on Rondebosch Common

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sawkins-weg 38, Rosebank, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 4
  • Vanaf R1 200 R1 080 per nag(plek vir 4)

Beskrywing

Garden Apartment on Rondebosch Common is 'n selfsorgwoonstel in 'n klein woonstelblok oorkant die pad van Rondebosch Common in Rosebank, met uitsigte op die agterkant van Tafelberg. Die woonstel is stil en privaat en gaste kan gerus by die swembad ontspan en braai op someraande.

Die eenheid het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed met 'n handgemaakte deken, 'n lessenaar en oorgenoeg kasruimte. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens met driekwartduvets wat op versoek in 'n koningingrootte-bed omskep kan word. Die 2 slaapkamers deel 'n badkamer wat ingerig is met 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n onbyttoonbank met stoeltjies. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met Netflix. Daar is ook 'n kantoor-in-'n-kas in die sitarea wat nuttig is indien jy 'n bietjie werk gedoen moet kry. Trek eenvoudig die lessenaar uit en bring 'n stoel nader. Die kas is toegerus met 'n drukker en 'n skandeerder indien jy dit sou benodig. Gratis, vinnige WiFi-toegang is ook beskikbaar vir algemene gebruik, om aanlynvideos te stroom of vir vergaderings.

Die tuin is lieflik en stil en daar is 'n voetpaadjie wat na die swembad lei wat deur die kompleks se inwoners gedeel word. Gaste is welkom om een van die boeke op die boekrak te lees of hulself met bordspeletjies te vermaak. 'n Aangewese, veilige parkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig. Die Rondebosch Common het 'n 2,7 km hardloop- of stapbaan waar jy op jou draffie ongelooflike uitsigte op Tafelberg kan geniet.

Die woonstel is naby die winkelsentrums, en slegs 'n rit ver van Kaapstad se strande, wynplase ens. Die verblyf is ook naby 2 hospitale, die Rooikruis Kinderhospitaal, Grootte Schuur en Universiteit van Kaapstad.

Slaapplek

’n Bespreking by Garden Apartment on Rondebosch Common sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 6 resensies vir Garden Apartment on Rondebosch Common
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Sawkins-weg 38, Rosebank, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
  • Gaste dink Garden Apartment on Rondebosch Common het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
R1 200 R1 080
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 200
R1 200 R1 080
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sawkins-weg 38, Rosebank, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 4
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM3ZDZhNzllLTQ2YjQtNDFlYS04ZjA2LWFlZTQyMmU3MzZjMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 200, nou Vanaf R1 080  per nag(plek vir 4) 6 5 1 5 38 Sawkins Road Rosebank 7700 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -33.951740557923 18.483009047221
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!