Wildernis Akkommodasie by Wilderness Garden Flat | LekkeSlaap
+13

Wilderness Garden Flat

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 597 1ste Laan (ingang na woonstel is langs 2de Laan), Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Wilderness Garden Flat bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n ruim oopplan-tuinwoonstel sowat 750 m vanaf die see. Dié woonstel is op 'n residensiële perseel waar die eienaars ook bly, maar het 'n aparte ingang en 'n binnehof. Dit is ideaal vir 'n paartjie of 'n enkelreisiger. Indien nodig kan daar plek vir 4 gaste, spesifiek 'n paartjie met 2 kinders, op 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank gemaak word.

Die woonstel is ideaal vir 'n paartjie, enkelreisiger of 'n paartjie met 2 kinders. Dit het 'n koningingrootte-bed, 'n dubbelslaapbank, 'n tafel en stoele, 'n sitarea, 'n badkamer met 'n stort en 'n aparte toilet, asook 'n kombuisie. Die kombuisie is toegerus met 'n oondjie, 'n mikrogolfoond, 'n yskassie met water, sap en melk, 'n ketel en 'n broodrooster. Daar is ook koffie, tee en beskuit. 'n Skoonmaakfooi word gehef, maar dit sal waardeer word as gaste die eenheid in 'n redelike netjiese toestand sal agterlaat.

Die woonstel het gratis WiFi en gaste het toegang tot braaigeriewe. Verder is daar 'n haardroër, 'n strykyster en strykplank, 'n rookverklikker, brandblusser, noodhulpkissie, 'n DVD-monitor met 'n paar DVD's en boeke, en 'n kamerverdeler. Rook word slegs in die binnehof toegelaat. Strandhanddoeke, 'n sonsambreel en strandrakkette word voorsien. 'n Bababedjie, muskietnet, bababad, hoë stoel en speelgoed kan beskikbaar gestel word.

Let asb. dat daar net 1 parkeerplek per bespreking beskikbaar is.

Gaste kan absolute privaatheid in dié rustige omgewing geniet. Die gashere bly langs die woonstel indien gaste enige bystand benodig. Die eiendom is ongeveer 20 km van George af en sowat 13,5 km van die Tuinroete Mall af. Wildernis het ook 'n rits restaurante en kroeë, strande, 'n woud, mere, riviere en winkels. Doendinge sluit kanovaart by Canyon Adventures SA, voetslaan, kajak, valskermsweef en perdry in.

Slaapplek

’n Bespreking by Wilderness Garden Flat sluit in:

Koningingrootte-bed Kinderbank vir 2
Slaapkamer
Plek vir 4 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKinderbank vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Wilderness Garden Flat
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • 597 1ste Laan (ingang na woonstel is langs 2de Laan), Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink Wilderness Garden Flat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 250
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 597 1ste Laan (ingang na woonstel is langs 2de Laan), Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRkN2U0ZGFlLTQ3YjQtNDBmZC1hMDM2LWQ4NGY2N2Y3NmQ0NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 250  per nag (vir 4 persone) 1 5 1 5 597 1st Avenue (entrance to flat is off 2nd Avenue) Wilderness 6560 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-20:00 11:00 -33.996578589253 22.620157271164
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za