Garden Route Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Garden Route Villa bied selfsorgverblyf ‘n paar meter van Kleinkrantz-strand af. Dis ook net 8 km vanaf Wildernis se middedorp met ‘n paar restaurante en winkels.

Dié villa het slaapplek vir 10 volwassenes en 3 kinders, en beskik oor 6 slaapkamers, 5 badkamers en ‘n oopplan-kombuis en -leefarea. Daar is 4 kamers met koninggrootte-beddens. Die vyfde kamer het ‘n dubbelbed en die sesde kamer het 2 stapelbeddens en 1 enkelbed vir 3 kinders. Daar is 2 gastetoilette, 2 kamers het losstaande baddens en 1 het ‘n en suite-badkamer met ‘n bad. Die ander badkamers het storte.

Die onderste en boonste verdieping het ‘n oopplan-kombuis en -leefarea. Elke kombuis het ‘n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware, 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die onderste eetarea het sitplek vir 8 en die boonste eetarea het sitplek vir 12. Die villa het 3 platskerm-TV’s met DStv en gratis WiFi is beskikbaar. Die balkon strek reg rondom die huis en bied ‘n uitsig op die berge en oor die meer, woud en see.

Die onderste leefarea lei na ‘n stoep met stoepmeubels, ‘n piekniekbankie en braaigeriewe. Die houtdek lei na die swembad waar daar ‘n eetarea, braaigeriewe en sonstoele is.

Die motorhuis bied parkeerplek aan 2 voertuie. Daar is ook ‘n afstandbeheerhek, buitestort en sekuriteitstelsel met sekuriteitstrale en gewapende reaksie.

Keinkrantz is ‘n kleinerige gemeenskap tussen die Indiese Oseaan, Wildernis se mere en die Outeniekwaberge. Kleinkrantz-strand is ‘n ongerepte sandstrand waar gaste kan valskermsweef, vlieërbranderry en seilplankry. Dis naby Wildernis Natuurpark, wat deel van die Tuinroete Nasionale Park vorm en waar luiperds, apies en arende voorkom.

Slaapplek

'n Bespreking by Garden Route Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 6 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Garden Route Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 500 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za